15-jarige sterf toe hy motor bestuur

Foto: Claudine Senekal/ @clauWaude

ʼn Seun (15)  is Maandagoggend dood en sy passasier (19) beseer, toe die voertuig waarmee hulle gery het  van die Besterpad gerol en op die dak beland het buite Watersmeet in KwaZulu-Natal.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die motor ʼn ent weg van die pad af opgespoor. “Die 15-jarige het vasgesit in die bestuurder se sitplek en die 19-jarige aan die passasierskant,” het Meiring verduidelik.

“Ons moes meganiese lewensreddende toerusting gebruik om hom uit die kar te kry. Hy het ernstige beserings opgedoen en vinnig agteruitgegaan. Daar is onmiddellik noodbehandeling op hom toegepas, maar hy is op die toneel dood verklaar. Die passasier is uit die voertuig verwyder en behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is,” het Meiring gesê.

Die plaaslike owerhede ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

MissDemeanor ·

Dis vreeslik jammer. Ek kan nie help om te wonder waarom ‘n 15 jarige agter die stuur was as daar ‘n 19 jarige in die kar was nie. Dalk wou hy leer bestuur? Tieners mag dalk amper soos grootmense lyk, en hulself soms ook soos grootmense gedra. Maar hul het nie altyd n benul van risiko nie.

André ·

Dit is werklik SKOKKEND…
Waar was die ouers van die kind wat Bestuur het en Sonder Geldige Rybewys!
HULLE Behoort aangekla te word van Nalatigheid of Dan Strafbare Manslag (met verswarende omstandighede)!
Mag Die Kind as Siel in Jesus Arms Rus! SEËN!

CHRISTA ·

Ek dink die 19 jarige gaan aangekla word, want hy het die 15 jarige toegelaat om te bestuur!!!

GV ·

Andre, het jy nooit jou ouers se kar gesteel en skelm gery nie? Ouers kan nie 24/7 hulle kinders dophou nie. Die 19 jarige het moontlik ook nie n lisensie nie. Hy kan in elke geval van geen misdryf aangekla word nie en indien hy/sy beseer is is dit volenti nonfit inuiriae

Chris Ws ·

Volgens wet is die ouers verantwoordelik vir hul kinders jonger as 18.Dis die werklikheid ongeag of die motor “gesteel” was of nie.

André ·

GV, ek sou dit nooit eers waag om skelm met my ouers se voertuig te ry op daardie ouderdom nie. My ouers het toegelaat dat ek met die motor kon ry toe ek my lisensie gekry het en as ten minste een van hulle saamgery het as passasier.

Sanet ·

Ek weet nie hoekom julle nou weer outomaties aanneem dat die ouers geweet het dat die kind n voertuig gaan bestuur nie? Dalk was dit die 19jarige se kar wat hy in sy teenwoordigheid aan die jonger kind gegee het. Daar kan 20 redes wees waarom die kind bestuur het. Moet asb nie oordeel oor die saak voordat al die feite uit is nie. As dit my kind was, was ek nou stukkend. Ek dink nie hulle het hierdie tipe kommetaar nodig nie

Lindie ·

André
Meeste kere weet die ouers nie eers wat hulle kinders aanvang nie, nie omdat hullle nie belangstel nie, net omdat die kinders “agteraf” is. Moenie oordeel, laat die ouers eers hul kant stel voordat hulle onnodig gekruisig word.

Ella ·

GV, ek het verseker nooit my ouers se kar gesteel en skelm daarmee gery nie. Ek sou ook verseker nie toestemming gekry het om die motor te gebruik toe ek 15 was, en op enige ouderdom as ek nie ‘n geldige lisensie gehad het nie. Maar nou is dit so dat ouers nie 24/7 verantwoordelik gehou kan word vir hulle kinders se aksies nie; nie alle kinders word gehoorsaam en verantwoordelik groot nie, maak nie saak hoe hard die ouers probeer nie.

Mike ·

Kinders doen baie keer dinge sonder dat die ouers daarvan bewus is.Hulle doen dit skelm net soos ons gedoen het toe ons klein was. Die arme ouers het nou genoeg hartseer.Spaar hulle dit

trevor ·

dus verstaan ek nie en ek dink daar ou wat die nuus gedeel het st 3 klaargemaak

Lou ·

Ag wat! My Pa het my soms laat bestuur op ‘n stil grondpad of op ‘n plaas vandat ek 14 was. As jy verkeerd ry kry jy ‘n goeie klap.

Presies ·

Presies Lou, 2 belangrike feite nr1 stil pad en nr 2, jou Pa was by & kon toesien dat jy stadig, maar seker op die regte manier leer. As die ouers die kar gegee het, sjoe ek weet nie wat om te se, as jul seun dit net geneem het, sjoe sad. Sterkte vir jul, die verlies is egter hartseer.

Johan ·

As ek so na die foto kyk is dit duidelik wat die oorsaak was. Die ou sondebok nl. SPOED! Selfs ‘n 12 jarige sou geweet het hy of sy ry nou te vinnig. Spoed grense is daar vir ‘n rede.

cat ·

Elke kind is vol streke en dink nie aan die gevolge nie, meeste ouers gee die reels en partymaal volg die kind dit, ouers kan net probeer en bid vir die beste. Ons almal het ons streke gehad en wil keer dat ons eie kinders die foute maak maar nie altyd moontlik nie. Almal van ons wat so iets lees het verskillende emosies oor so iets wat gebeur,elke ouer kan nie oë op alle plekke hê nie en om mekaar sleg te sê werk ook nie want ons was nie daar om kommentaar te gee nie. Sterkte aan die families

Anna ·

Christa: NEE. Hoekom moet die 19 jarige aangekla word? Dis tog sekerlik nie daardie persoon se motor nie. Seuns veral is baie ondernemend en doen maar soms waaghalsige dinge soos om motor te bestuur as hul nog nie oud genoeg is vir ‘n lisensie nie. Kwajong-streke met hartseer gevolge. Kom ons bid eerder vir hul ouers en die passasier wie beseer is. Ons durf nie die skuld op die passasier te pak nie – dit maak deksels seer. Ons het ‘n paar jaar gelede ‘n geliefde nefie so verloor – daar was 5 tieners in die motor en almal was lig tot ernstig beseer maar die nefie se lyf was ongeskonde terwyl sy agterkop feitlik ‘weg’ was. In die hoësorg eenheid van Steve Biko weet jy daai kind gaan nooit weer herstel nie en dan het sy ma die situasie ongelooflik goed hanteer – de bestuurder van die motor was welkom om haar seun te besoek in die hospitaal en by die dankdiens te wees. Hoekom verwyt? Ons kinders sal altyd uitgedaag word – was ons nie almal maar so toe ons jonk was nie?
Groete en sterkte aan al die vriende en familie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Daars seker niks lekkerder as om jou pa se motor te steel en jou maatjies vir ‘n “spin” te vat nie. Ek onthou soos gister toe ONS dit gedoen het. Moet bylas daai jare het motors hoogstens 100 myl per uur gehaal op die afdraende, en outomatiese motors was nog ver in die gedagtes van enginieurs van motors.

Neels ·

Ek dink nie die ouers is altyd skuldig nie, n ouer kan nie hul kinders 24/7 dop hou nie en dink julle nie dat die ouers van daardie 15 jarige kind nou n groot seer en leemte in hul harte het nie. Ons kan nie oordeel nie net ons opienies lig. Wat sal julle maak as dit jul kind was, sit jou in daai ouers se skoene. Baie sterkte aan die ouers deur hierdie slegte tyd. Mag ons Hemelse Vader jule styf vas hou en vertroosting gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.