15-jarige van moord aangekla ná leerder se steekdood

Die seun is op die skoolgrond doodgesteek. ‘n Medeleerder word van sy moord aangekla. (Foto: Maroela Media)

ʼn Jong skoolseun van Alexandra sal volgende week in die kinderhof verskyn nadat hy van moord aangekla is weens die steekdood van ʼn medeleerder.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Gauteng, sê die 15-jarige seun het Woensdag aanvanklik vir ʼn voorlopige ondersoek in die Alexandra-landdroshof verskyn.

Hy is daar aangekla van moord.

“Die staat voer aan die dood van die medeleerder spruit uit ʼn stryery tussen die beskuldigde en ander leerders op die skoolterrein tydens middagete. Die beskuldigde het glo ʼn skerp voorwerp gaan haal en die medeleerder gesteek.”

Die seun bly in aanhouding by ʼn kinder-en-jeugsentrum tot hy weer Woensdag in die hof verskyn. Die saak sal dan in die kinderhof aangehoor word.

Maroela Media het vroeër berig die skool se dissiplinêre komitee was glo besig om ʼn bakleiery tussen drie ander leerders te hanteer toe die seun aangeval is. Hy het op die skoolterrein gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

ES ·

Wat anders kan mens verwag want al wat hierdie kinders sien is geweld, onluste en plunder.

Persheks Adri ·

Hy’s oud genoeg om te weet dis verkeerd so ek’t nie genade vir dit nie. Hy moet sy pak soos ‘n man vat!

E ·

en dit is net in die sepies wat hulle kyk… Dan kom ons nog nie by wat in die gemeenskappe gebeur nie. Hierdie kinders ly almal aan PTSD, want hulle word so vroeg daaraan blootgestel.

Nie Verbaas ·

Snaaks hoe stil die BLM kniebuigers is met al die berigte van verkragting en moord in die media. Dit is skokkend om te dink dat tot kinders al geen respek vir lewe het nie. Nog n nagevolg van ANC beleid.

Di ·

O nee sluit op en gooi weg die sleutel, Op 15 al klaar ‘n moordenaar.

Maggies ·

Ongelukkig is lewenslank op hierdie ouderdom nie regtig lewenslank nie, maar eerder net genoeg tyd om as ‘n nóg wreder persoon opgelei te word en dan in die wêreld vrygelaat te word.

Belinda ·

Met alles wat aangaan deesdae in die lewe is enige iets moontlik…. dis “sad”.
Is omdat polisie ook nie meer na skole toe gaan en die leerling deursoek vir wapens en dwelms nie.

Suzette ·

Belinda dis meer sad dat kinders dit nodig vind om met wapens skool toe te gaan. Of hy vat dit vir selfverdediging (wat nie veronderstel is om te gebeur nie) of hy vat dit om te gaan moor. Waar is die ouers? Dis ongelukkig so. Onnies en polisie is nie veronderstel om wapens by skoliere te soek nie. Dissipline begin by die huis. Opvoeding ook. Ouers beter na hulle hulle kinders begin kyk. Hulle leer geen waardes van hulle ouers nie. Die dag wat n goeie pakslae “kinder mishandeling” begin noem is, was daai dag wat allesbegin verval net.

Swerwer ·

Die BLM sal stil wees want dit is mos hul eie mense wat ander vermoor. Op so ‘n jong ouderdom, dink wat lê nog voor. Maar ja, dit is mos die voorbeeld wat gestel word vir vandag se jeug.

Mariana ·

Hoof tyd dat hierdie kinders ook verantwoording doen sodat dit ook as waarskuwing vir ander kan wees. Dankie ANC hierdie tipe moorde word ook voor jou deur gelê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.