15-jarige vas oor moord op skolier

Argieffoto

ʼn 15-jarige seun het na bewering Dinsdag ʼn leerling by ʼn skool in Ga-Mamabolo in Limpopo aangeval en met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee skoliere het op die speelgronde baklei en toe die 15-jarige skielik ʼn skerp voorwerp te voorskyn gebring het, het die 16-jarige skolier gevlug.

“Die polisie is in kennis gestel en daar was ʼn soektog na die verdagte. Hy is by sy wegkruipplek in die gebied in hegtenis geneem. ʼn Voorlopige ondersoek het beamptes gelei na waar die wapen weggesteek is op ʼn klein koppie buite die dorpie,” het Ngoepe bygevoeg.

Die 16-jarige het met sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die 15-jarige sal binnekort in die Mankweng-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Adri ·

Verwarrende berig. Eers lees ons die slagoffer het gevlug toe die aanvaller ‘n skerp voorwerp te voorskyn gebring het. Toe lees ons hy is skynbaar gesteek met die skerp voorwerp, want hy het gesterf. Hy het dus gevlug nadat hy aangeval is met die skerp voorwerp, of hoe?

Hoeveel “gronde” het die skool? Skoolterrein is tog ‘n baie mooier woord, of hoe?

Boerboel ·

15 jaar oud en hy moor al. Dis nou twee die week. Wat gaan aan

CHAPPIES ·

Kinders by dosyne en dan wil niemand verantwoordelikheid aanvaar,om hulle na behore te versorg en te dissiplineer

Ben ·

Dit is nou net moorde of doodslag, verkragtings op plase en skoolpleine of doodslagtings op die S.A paaie…..my aarde……gaan daar volgende jaar nog mense oor wees in Suid-Afrika??? Sorry, maar ek voorspel groot moeilijkheid vir S.A. Cyrill, ANC, DA of whatever moet net optree want die land is SIEK SIEK SIEK……DOODSIEK!!!

Asjas ·

Verander die skool se naam, dit behoort alle probleme op te los.

Abe ·

Asjas,
+/-80% van die bevolking van die land verstaan nie sarkasme nie, want hulle eie tale bevat nie sulke spraakwendinge soos sarkasme en ironie nie. Om n sarkastiese opmerking te maak soos jy hier doen, het dus geen effek by hulle nie.

Michelle ·

Nee ek het nie simpatie met die kinders nie die ouers moes lankal agter gekom het hier is ‘n fout daar moes een of ander tekens gewees het. Waar loop ‘n 15 jarige met ‘n skerp voorwerp by die skool rond om watter rede hy het presies geweet wat hy wou doen. Jong kinders is vinnig geneig om hulself groot te hou maar dink nie aan die nagevolge nie. Die ouers moet ook toegesluit word want hul is slegte ouers dat hul die kind nie kon help nie, nou is ‘n kind oorlede en ‘n gesin in rou gedompel.

Tina du Toit ·

@Adri. Ek stem saam met jou. Berig is bietjie deurmekaar. Ek het eers gedog die skuldige is die 16 jarige wat gevlug en gaan skuiling soek het en toe lees ek dat die outjie van 16j gesterf het en die 15 jarige die sonnebok is. Bietjie verward.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.