15-jarige vas oor rooftog by Seepunt-skool

Sea Point High School (Foto: Facebook)

ʼn 15-jarige seun is Sondagoggend in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by ʼn hoërskool in Seepunt.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het die tiener, wat ʼn skolier by dieselfde skool is, in hegtenis geneem op aanklag van gewapende roof. Hy is oorspronklik van Philippi-Oos. “Tydens ʼn soektog by sy huis het beamptes beslag gelê op ses selfoonomhulsels, wat vermoedelik gesteel is tydens die rooftog. Hy is deur middel van kringtelevisiebeeldmateriaal uitgeken.”

Rowers het Woensdagoggend om 10:10 op die skool toegeslaan. Hulle het ʼn klaskamer betree waar die skoliere besig was met eksamen. “Die onderwyser en skoliere is met vuurwapens aangehou en verskeie selfone is gesteel.”

Die tiener sal na verwagting Maandag in ʼn hof in Kaapstad verskyn. “Die soektog na sy medepligtiges duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Arno Scheepers

15 en alreeds n rampokker.
Kan nie wag om sy naam en van te hoor nie

tg

as ek net kon se wat ek wil se

Dries du Toit

Dan word die onderwyser wat met n vuurwapen toesig gehou het verguis.

Penellope Jones

Sjoe, hulle begin sommer vroeg al met misdaad.

Wielspore

Hy is dan nog op skool, het hy nog nie geleer, crime does not pay.
Tyd in die tronk kan hom tot beter insigte bring.