ʼn 15-jarige seun is in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasmoord Sondag in die Slanghoek-gebied in Rawsonville in die Wes-Kaap.
Ao. Joseph Swartbooi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die verdagte het omstreeks 11:40 op die plaas aangekom. “Die veiligheidshek het oopgestaan en die verdagte het die huis betree waar hy en die inwoner teen mekaar te staan gekom het.”
Die 15-jarige het ʼn stoel gebruik om die 89-jarige slagoffer aan te val. “Die slagoffer is op die toneel dood verklaar deur paramedici,” het Swartbooi bygevoeg.
Die 15-jarige staan tereg op aanklag van moord en huisroof.
Hy sal na verwagting binnekort in die Worcester-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Ja wel wat kan mens sê,selfs ‘n pasgebore slang is giftig.
Dis een van die vele gevolge wat getuig van ‘n opvoeding en lewe sonder Jesus C.
Liewe hemel , tot kinders maak dood! Lyk my die satan heers in ons land! Geen wonder kinders val onderwysers aan nie, want die hel is los. Ag, en die arme oumens wat so wreedaardig doodgeslaan is. Ek kan net sê Rus in Vrede, verlos van hierdie wêreld. Ek hoop daai wrede kind word as “n grootmens gevonnis, want om so wreedaardig te wees op so ‘n jong ouderdom, moet jy opgesluit word vir so lank as moontlik om oor jou sonde te dink.
At 15 will be tried as a minor but old enough to murder. FIFTEEN!.
Ek sal graag wil weet wie die persoon is wat oorlede is, het daar skool gegaan en groot geword.