15-jarige vas oor soldaat se liggaam in kattebak

Weermaglede op die Kaapse Vlakte. (Foto: Ayanda Ndamane/ANA)

ʼn Vyftienjarige seun sal vandag in die hof verskyn in verband met die moord op ʼn Suid-Afrikaanse weermagsoldaat wie se verkoolde liggaam twee weke gelede in die kattebak van ʼn uitgebrande motor in Blue Downs op die Kaapse Vlakte aangetref is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het bevestig die kind is gisteroggend in hegtenis geneem. Hy is die derde verdagte wat in verband met dié voorval aangekeer is.

Intussen het die SANW die soldaat geïdentifiseer as die 41-jarige stafsers. Michael Mawande Njomane. Njomane kom van die Ngquthura-nedersetting in die Oos-Kaap en was getroud en die pa van vier kinders.

Hy was een van die groep weermagsoldate wat as deel van Operasie Lockdown in die Kaapse Vlakte ontplooi is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn verbyganger het die polisie Sondag 18 Augustus na die toneel in Silversandweg ontbied waar die soldaat se liggaam in die kattebak van die staatsmotor gekry is. ʼn Nadoodse ondersoek sal bepaal of Njomane doodgebrand het en of hy vermoor en sy liggaam toe aan die brand gesteek is.

Twee mans, onderskeidelik 43 en 24 jaar oud, is vroeër in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, direkteur van korporatiewe kommunikasie by die SANW, het gesê ʼn gedenkdiens sal môre om 12:30 by die Liberty-gebou in Pretoria gehou word. Die begrafnis sal Saterdag by die Ngquthura-nedersetting naby Dutywa in die Oos-Kaap plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jaco ·

Dis regtig jammer.

Interressant dat die weermag ten sterkse ontken dat hy deel van operasie lockdown was. Inteendeel hulle het n striemende aanval op die DA in Kaapstad geloods wat dit gese het, maar nou lyk dit of hy tog deel was. Weet die weermag nie wie van sy mense hier ontplooi is nie.

Erick ·

15! Sal die laaste een wat loop asb net die ligte afsit en die deur toemaak.

CAS ·

It is insane that at the age of 15 somebody can be so violent! Years ago 15yr olds were still riding bike in the streets and getting to up to mischief (harmless!) This youth is the result of the lawlessness and violence that seems to be everyday life in the country….he is a product of the actions of this new regime. This generation does not understand authority, laws or discipline because SA allowed it. They think they have rights when all they have is privileges! SA needs somebody old school who can be firm and take control and NOT somebody that just gives into every little whim. We grew up with hidings and discipline and are most respectable because of it. We had to earn privileges and they were not handed out for fear of “offending” us. There is a reason the legal was 21 as only at that age has the brain matured enough to understand actions and consequences. They cannot grasp the concept yet that laws are there to govern and keep EVERYBODY safe. Why have STOP streets? To instill safety, now most people skip them and it is chaos! Life is simple yet SA made a hash of things!

wiehan ·

Sulke goed gebeur omdat kinders mos menseregte het en jy nie aan die bloedjies mag raak nie. Hy was seker al met die gereg deur mekaar en as dit vroeer jare was sou hy 6 laatjies by die tronk gekry het. Kanse daarna dat hy weer iets verkeerd so doen is amper NUL.

Heksie ·

Ek sal graag wil weet wat gelei het tot hierdie misdaad …

schaun ·

Daar is oorlog in die kaap,die gemeenskap het oorlog verklaar teen die regering, stop die invloei van dwelms en die oorlog is gewen

Strandloper ·

Sjoe dit is verskriklik dat n kind n soldaat kan vermoor. Laat mens wonder wat het geword van basiese opleiding.

Sanna ·

Watter man verwag dat ‘n tiener hom sal aanval? Dis ‘n goeie strategie gewees van die bendelede. Die Fillipynse president het die regte raad, maar weens verafgoddende menseregte sal ons maar toekyk hoe ons kinders vergaan weens dwelms.

wielie ·

Net een vraag? Waarom n gedenk diens hou in Pretoria as die soldaat van die Kaap is en daar ontplooi is ?

annie ·

@strandloper, my eerste gedagte ook gewees toe ek die berig lees.

Amy ·

Die ding is; hulle móét iemand doodmaak vóórdat hulle tot ‘n bende toegelaat kan word. Dit is só hartseer.

Kallie ·

Indien jy ‘n soldaat of polisieman vermoor word jy dadelik ‘n generaal in die bende.

Nel ·

Is die vlakte bendes besig om vir die weermag ore aan te sit?

toy ·

15 Jarige, jare terug het seuns van 15 nog ‘n goeie pak slae gekry by die skool, nou dink hulle hul is onaantasbaar. Wanneer jy so iets doen, moet jy vat wat na jou toe kom, hy dink mos hy is volwasse.

Niklaas ·

Op 15 reeds n misdadiger. Wil hierdie knapie nie sien of ontmoet as hy verby 30 is nie. Maar ek glo bendes gebruik jongelinge om vuil werk te doen .
Minderjariges sal mos nie te groot straf opdoen nie soos lang tronkstraf .

Catherine ·

Sad. Sad. Sad. We live in a wonderful country. So safe. No wonder fewer and fewer overseas tourists. 15 years old!!!!Unbelievable

geeNieOmWatEkSeNie ·

Die goed gebeur oor ons land deur n “unidetified” president bestuur word.
As die doodstraf daar was glo ek die 15jarige sou eerder by die huis gewees het, besig om te leer.
daar mors hulle weer ons tax geld op n begrafnis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.