15-jarige vas vir verkragting van ouma

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 15-jarige seun is buite Tzaneen in Limpopo in hegtenis geneem nadat hy glo sy 77-jarige ouma verkrag het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die seun het na bewering op 5 Junie omstreeks 16:00 sy ouma by haar huis in die Mhlava Cross-omgewing aangeval waarna hy haar verkrag het.

“Die verdagte het ná die voorval op vlug geslaan. Die Ritavi-polisie het hom Maandagaand opgespoor en in hegtenis geneem,” het Ngoepe gesê.

Die kleinseun sal na verwagting Dinsdag in die Nkoankoa-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Tong innie kies ·

Ai,en ons arme regter is in die pekel oor die uitlating wat sy gemaak het aangaande verkragting?

vierkleur ·

presies wat ek ook gedink het. Vir hoe lank gaan die waarheid geignoreer word?

Takkie Takuuza ·

Ja nee die arme regter. Jy sal gekruisig word as jy die waarheid praat.

Elgeraine ·

Absoluut walglik! So jonk en reeds verrot, verwyder hom uit die samelewing.

Laurika ·

Ek het gedink aan woorde om te beskryf wat ek van hierdie storie dink, maar daar is nie woorde nie. Ek is spraakloos. Jou 77 jarige ouma. Regtig.

christine ·

Arme arme oumens, Kyk waarmee deel ons die suurstof. Juggie wat se vonnis kan hier verwag word.

Willie ·

Joh, dis verskriklik! Ondenkbaar? Hoe doen enige iemand so iets??? Sny sy suurstof af! Ja nee die arme regter in die meilikheid vir uitlatings????

Lance ·

Ag nee man ….al die verkragting wat SO gereeld plaasvind is net n skokkende kultuur in SA

broos ·

dis jou ouma!! sy het gehelp jou doeke omruil, jou kos gegee, jou stories vertel, miskien ‘n rand of vyf gegee toe jy sweets wou he….het jy haar in die oe gekyk toe jy hierdie absolute walglike daad gepleeg het of het jy soos die lafaard en swakkeling wat jy is weggedraai. jy is veronderstel om agter ‘n skoolbank te wees, ‘n kind te wees, nie ‘n verkragter nie. SKOKKEND! Hoop jy word vir die res van jou lewe weggesit!

Anoniem ·

Sukkel om te glo wat ek lees…. watter soort mens doen so iets verskrikliks?!? Wonder of dwelms ‘n rol gespeel het?

Daenerys Targaryen ·

Dwelms – Ek reken hy het gebruik. Daar was ‘n Suid Afrikaanse dokumentêr op TV ‘n ruk gelede wat gehandel het oor sekere middels wat presies daardie uitwerking het op verbruikers. Arme arme Ouma – so bitter hartseer.

Jan maak n Plan ·

En die regter se onlangse stelling in toe ook nog nooit getoets nie. Ek wonder ook maar net ne.

Leon Pit ·

Dit gebeur al vir lank kinders wat kinders verwek gooi die kind by groot ouers af en vat die pad. Totaal swak ouers se betrokkendheid by opvoeding. Geen morele waardes word geleer nie , nie deel van hul woordeskat nie. So dis normaal vir hulle.

Franscois ·

Ag nee maroela, nou se julle die ‘kleinseun’ sal in die hof verskyn, ons moet begin om die tipe van ding op die naam aan te spreek, dit sou baie beter op die ore gewees het as dit sou lees,’Die verkragtiger en bes moontlik n toekomstige moordenaar sal in die hof verskyn’!

Gesiggie ·

Ouma… jy is meskien oud, maar nog nie koud…. plaas dat jy daai kind van 15 so hard geslaan het dat hy nooit weer sy onderlyf sou voel nie””hy is 15 ”’ en misbruik sy eie Ouma… walglik”’ sjaim dalk kon die Ouma nie beweeg… en Broos ja… sy Ouma was die een wat hom meskien groot gemaak het… sies vir jou kind”’

Popeye ·

Is daar hoop vir die wereld?……….so iets maak jou wiele pap!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.