15-jarige vas wat glo met vuurwapen betrap word

Foto verskaf deur die SAPD

ʼn 15-jarige tiener is in hegtenis geneem toe hy glo met ʼn 9 mm-pistool betrap is waarvan die reeksnommer glad gevyl is.

ʼn Adjudant-offisier van Port Elizabeth se blitspatrollie het Saterdag inligting ontvang oor ʼn persoon met ʼn vuurwapen by ʼn taxistaanplek in Durbanweg in Korsten, het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy was nie in daardie stadium aan diens nie, maar het sy kollegas aan diens gekontak en hulle het opgevolg oor die inligting wat hulle ontvang het.

“Hulle het die verdagte opgemerk toe hy wou vlug toe hy die polisievoertuig gesien het. Die adjudant-offisier het hom te voet agternagesit en die verdagte aangekeer.”

Die tiener is in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en oortreding van die Rampbestuurwet omdat hy nie in sy huis was nie.

Die tiener sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Michael 1

Ek kan net spekuleer wat hy met die vuurwapen wou doen en dit is nogal komerwekend dat n onwettige wapen so maklik verkrygbaar is ,maar die gereg hammer mos net wettige vuurwapen eienaars .

marius

En wat gaan hulle met hom maak ? In sy ouers se sorg plaas ? Diegene wat lyfstraf as onmenslik laat verklaar het moet hul koppe laat lees !

Kobus

Enou gaan die MRK toetree tot die arme kind wat so benadeel word.Lyfstraf dien geen doel nie,dis mos wreed.Tronkstraf is nie vir kinders nie want dit laat emosionele letsels.Al wat dan oorbly,laat hom vry in die sorg van sy ouers.Tot volgende keer