15-jarige verdrink by ouerhuis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 15-jarige seun van Pretoria het Maandagmiddag in die swembad by sy ouerhuis verdrink.

Andy Gill, woordvoerder van Advanced Paramedic Assist, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die voorval het in Kilnerpark in die Pretoriase Moot plaasgevind.

“Na wat verneem word, het die seun alleen gaan swem en het sy pa omstreeks 18:00 op sy seun se liggaam in die water afgekom,” het Gill gesê.

Paramedici was kort daarna op die toneel en het 30 minute lank onverpoos probeer om die seun se lewe te red, maar hy kon nie bygebring word nie. Paramedici van Netcare 911 was ook op die toneel, waar die seun dood verklaar is.

Gille het gesê omstandighede rondom die verdrinking is onbekend en word deur die polisie ondersoek. Die seun het geen sigbare beserings gehad nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Gesiggie ·

Ek verstaan dit nie”’ dit is nou al die hoeveelste kind wat verdrink? op 15 kan n mens seker al sonder toesig swem? en indien die ouers geweet het die seun kan nie swem, sou hul seker toesig gehou het… n mens wonder partykeer hoe gebeur dit? was die water dalk te koud…het hy water gesluk? het hy sy of wat… Jammer aan die ouers wat hul seun moes verloor.. dit is tragies…

Lientjie ·

Op 15 met n swembad by die huis kan jy swem. Ek voel so jammer vir die ouers sterkte dit kan nie maklik wees nie, my suster se seun het op 2 jaar verdrink ek ken daai gevoel dis baie sleg. God hou julle vas en vertroos julle.

Gerda ·

Lientjie my dogter se seuntjie het ook nou die 15e Januarie 4 dae voor sy 2 e verjaardag in n bleddie koivisdammetjie verdrink. Sterkte aan die ouers,

Hannelie ·

Ja op 15 met ‘n swembad kan jy swem MAAR ons weet nie wat daar gebeur het nie. Iewers moes iets fout gegaan het, enige iets. Ek bid vir die ouers vir vertroosting….dit is regtig baie tragies en hartseer.

broos ·

dis so vreeslik hartseer! sterkte aan die ouers en familie, mag God julle styf vashou

SNEL ·

Goeiste, dis vreeslik!! Op 15 kan swem of nie, ek is seker hulle is al lank genoeg om darem op hul tone te staan en kop bo water te kan hou, maar ja, met n swembad by die huis, boer n kind in die water en sal hy dan beslis kon swem. Op 15 en n seun kon hy ook dalk n toertjie gedoen het wat skeef geloop het en dat hy sy kop hard gestamp het iewers. Seuns is rof en probeer altyd nuwe “tricks”. Hoop regtig die ouers kry antwoorde op hul vrae en sal uitvind wat hier gebeur het. Dis vreeslik, my hart gaan uit na die ouers. Baie sterkte!

Baie baie hartseer ·

Dit is net eenvoudig baie baie hartseer!!!! Trane trane trane

Karma ·

Ek weet van ‘n 22-jarige meisie hier in Worcester, wat ook in die swembad by haar ouerhuis verdrink het en sy kon swem! Sy het laat middag gaan swem, heel onverwags ‘n epileptiese aanval gekry (en sy was nie ‘n lyer nie) en het verdrink. Ongelukke soos dié gebeur!

charlene ·

Hoe tragies!! Dis aaklig, wens dit aan geen ouer nie. Die seun kon duidelik swem so mens wonder altyd wat kom fout gegaan het – ek hoop die ouers kry antwoorde. En hoop van harte hulle blameer hulle self nie – mag julle vertroosting vind in Jesus se arms.

Zandelie ·

Dis n baie hartseer storie en al hoe well ek nie die seun geken het nie voel ek steets baie hartseer … Mag die ouers nie hul self kwaalik neem nie …maar weet hulle seun is steets by hulle nie in liggaam vorm nie maar in geestelike vorm … Ek bid dat die familie en vriende rustigheid in hulle harte sal kry

Kristen ·

dit is n moeilike tyd vir my en familie mense moet nie net my tannie hulle kommentaar nie my neef het n epelepsie anval gekry in die sweembad so asb m ense los julle ongeskukte komelmentaar ver julle self julle weet nie wat an gaan nie ds n harde tyd

Eliza-beth ·

Kristen – sê asb aan jou familie dat daar baie mense is wat aan hulle dink en hul in hul gebede en gedagtes dra. Sterkte vir jou hele familie op die moeilike pad voerntoe!

denise ·

Kristen. Dis familie van ons ook. Dis my neefie. Niemand was ongeskik nie. Voel wel die artikel is onvolpas

Amanda ·

Nee Kristen, niemand was ongeskik nie. Almal was eintlik baie simpatiek. Die artikel is ook nie onvanpas nie. Eintlik is daar niks fout behalwe dat n kind verdrink het nie.

leslie ·

Almal se net hoe vinnig n ongeluk kan gebeur KRISTEN !! NIEMAND was ongeskik nie ! Natuurlik is dit n moeilike tyd hoe dan anders ? … Sterkte vir die familie

so jammer ·

Sterkte aan elkeen van julle en in besonder aan julle as ouers.Mag die Here julle vertroos en bonatuurlike krag gee om die seer te hanteer. My Hart gaan uit na julle.

Francis Nieuwoudt ·

Hartverskeurend. Arme familie. My gebede gaan uit na hulle. God het miskien die mooiste blom op Sy tyd geneem. Wie is ons?

Hartseer ouer ·

Die Gr 9’s van Hoërskool Menlo Park is in rou gedompel. My hart gaan uit na elke klasmaat, vriend/vriendin en die familie.

Aan sy ouers .. ek lê julle by Jesus se voete neer. Mag Hy vir julle vertroosting en berusting bring. Ek bid vir julle!

Kristen ·

dankie m ense maar julle het my verkeerd verstaan Daar is m ense wat vieslike ongeskukte goed op die web sit so wat ek bedoel was vir die mense wat die Lees en die ergste dink so ek vra onverskoning as meeste mense dit verkeerd verstaan het …….. en will net vir almal dankie se dat julle by my tannie hulle staan en hulle ondersteen ……….

Rosa ·

Ek wil net se ek is 62 en kan ook nie swem nie! My pa (bless him, dierbare geduldige pa ) het probeer maar nooit reggekry nie. Ek kan nie asem kry as ek in die water is/was nie. “Mind over matter” wat ookal, maar moenie so gou oordeel voor julle nie die ware storie ken nie. Innige simpatie met die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.