15-jarige verdrink in steengroefdam

(Foto verskaf deur ER24)

Die liggaam van ʼn 15-jarige seun is Sondagoggend uit ʼn steengroefdam in Emzinoni naby Bethal in Mpumalanga gehaal.

ER24, Delta 1 Rescue, Lydenburg se soek- en reddingsdiens en die polisie is in kennis gestel van die voorval ná die seun Saterdagmiddag verdwyn het toe hy saam met vriende gaan swem het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê reddingsduikers het die toneel begin fynkam en ná ʼn paar minute op die seun se liggaam afgekom. Paramedici kon ongelukkig nie enigiets vir hom doen nie en hy is dood verklaar.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.