15 keer lewenslank vir reeksverkragter

Argieffoto (Foto: Unsplash)

’n Reeksverkragter is vandeesweek tot 15 lewenslange vonnisse met ’n bykomende 30 jaar agter tralies in die Kaapstadse hooggeregshof in die Wes-Kaap gevonnis.

Kol. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê Herman Harker (66) is Donderdag 15 lewenslange vonnisse opgelê vir 15 aanklagte van verkragting en ’n bykomende 30 jaar tronkstraf vir vier aanklagte van ontvoering en twee aanklagte van seksuele aanranding.

Dít volg nadat Harker in Junie 2018 op aanklagte van ontvoering en verkragting in Ladysmith in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is.

’n Ondersoek het Harker kort daarna met nog vyf aanklagte van ontvoering, verkragting en seksuele aanranding verbind waarna die aanklagte teen hom verwys is na ’n gespesialiseerde afdeling in die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS).

Muridili vertel dat daar in die hof aangehoor is hoe Harker sy slagoffers in ses verskillende dorpe in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap tussen Oktober 2017 en Junie 2018 geterroriseer het. Die dorpe sluit in Ladysmith, Stellenbosch, Wolseley, Kleinvlei en Tulbagh.

Daar is in die hof aangehoor dat Harker se jongste slagoffers, tussen nege en 13 jaar oud, in hul skoolklere op pad huis toe was ten tyde van die verkragtings, het Muridili gesê.

Harker sou sy slagoffers, almal tussen nege en 23 jaar oud, lok onder die voorwendsel dat hy op soek was na iemand om saam met hom halfpad na sy bestemming te stap. Of hy sou hulle bevriend en geld gee, waarna hy hulle sou dreig, soms met ’n wapen, voordat hy hulle herhaaldelik sou verkrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Sien nie dat hy gevonnis is sonder moontlikheid van Parool nie of dat vonisse aaneenlopend uitgedien word
Wat beteken 1 x Lewenslank.
So hoe lank gaan hy sit