15 kinders beseer in skoolbusongeluk

Die skoolbus wat omgeslaan het Foto: Valleyfm, Facebook

Die skoolbus wat omgeslaan het Foto: Valleyfm, Facebook

Altesaam 15 kinders is Vrydagoggend beseer toe ʼn bus op die Nekkiespad in Worcester in die Wes-Kaap omgeslaan het.

“Die groot bus het op sy sy gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die kinders het buite langs die bus gestaan.”

Die kinders, tussen 10 en 17 jaar oud, het geringe tot matige beserings opgedoen. “Gelukkig is niemand ernstig beseer nie,” het hy bygevoeg. Die kinders is op die toneel behandel en na die Worcester-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die bus het glo omgeslaan nadat een van sy bande gebars het.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.