Altesaam 15 kore van Suid-Afrika neem tans aan die Wêreldspele vir Kore in Riga, Letland deel.
Die universiteitskoor van Stellenbosch onder leiding van André van der Merwe is bo-aan die wêreldranglys van kore en een van die kore wat die land verteenwoordig. (Sien ‘n video van een van hulle optredes vroeër vanjaar onderaan die berig.)
“Vanjaar neem 27 000 koorlede van 460 kore uit 73 lande deel aan die Spele,” het Günter Titsch, president van die Wêreldspele in president van Interkultur, Woensdag tydens die openingseremonie gesê. ʼn Feeskoor van 1 000 sangers van 21 kore in Latvia het die gehoor tydens die openingseremonie vermaak.
Die Magaliesberg-kinderkoor en Puk-universiteitskoor van die Noordwes-Universiteit is van die ander kore wat meeding om die goue medalje. Klik hier om te sien watter ander kore Suid-Afrika vanjaar verteenwoordig.
Drie van Suid-Afrika se kore is onder die top 10 op die wêreldranglys en ses onder die top 100. Die Cardinal Singers van die University of Louisville in Amerika is tweede op die wêreldranglys en die Guangdog Experimental Middle School Choir uit China is derde op die wêreldranglys. Klik hier om die volledige wêreldranglys te sien.
Die afsluitingseremonie vind op 19 Julie plaas. Die volgende Spele vind in 2016 in Sochi, Rusland plaas.
Klik hier om die Spele op Facebook te volg.