15 nuwe kolleges vir 2016 beplan

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Die regering het Donderdag aangekondig 15 tegniese beroepsonderwys en -opleidingkolleges sal in die volgende jaar regoor die land gebou word.

Bongani Majola, woordvoerder van die presidensie, het gesê die regering het reeds met die proses begin om 15 tegniese (TVET)-kolleges op die been te bring.

Dinsdag het Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, by ʼn geleentheid van die Jacob G Zuma RDP Onderwystrust op Nkandla aangekondig ʼn TVET-kollege sal in die omgewing gebou word.

Volgens Majola sal die kolleges in die Oos-Kaap (Graaff-Reinet, Ingwe in Ngqungushe, Ikhala in Sterkspruit en Aliwal Noord), KwaZulu-Natal (Esayidi in Umzimkhulu, Umfolozi in Bhambanana en Nkandla A en B kampusse, UMgungundlovu in Greytown, UMgungundlovu in Msinga, Mthashana in Kwa Gqikazi, Mthashana in Nongoma en Mthashana in Vryheid), Limpopo (Letaba in Giyani, Waterberg in Thabazimbi) en Mpumalanga (Balfour in Gert Sibande) gebou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann ·

Hallo Maureen, ja ek wonder self wie daarvoor gaan betaal. Dan kom die aankondiging nogal van Nkandla af…lekker vakansiehuis! Aan Maroelamedia en al sy lesers, voorspoed vir 2016.

Tania ·

Ek merk op net sekere provinsies gaan by die sogenaamde kolleges baatvind. Is dit omdat dat dit “moontlik gratis” is en/of die Wes-Kaap DA is. Daar is arm mense in ALLE provinsies, wat ook by die kolleges baat sou vind, indien gratis. Wonder net. Die hele SA se belastingbetaler gaan hiervoor betaal.

Frederik ·

In die Kaap het ons darem Northlink Kollege wat uitstekende resultate lewer. Laat hul maar liewer ou Blade se kolleges bou daar op die plekke wat niemand in elk geval weet waar dit eers is nie. Kan jy jouself net indink wie die dosente daar in gatkant se wêreld gaan wees??

maritz ·

Net nog meer plekke om af te brand . Wat van gratis onderwys ons soek nie geboue of af te brand nie. Al daai geld kon eerder gegaan het vir onderwys

weskaper ·

Kyk na die plekname, geen kolleges vir die Afrikaners nie.

Gerhardt ·

As die huidige opleiding iets beteken het sou ek sê dis goed, maar kwantiteit maak selde op vir kwaliteit.

Mag alle Maroela’s ‘n voorspoedige 2016 hê! Ons Afrikaners sal maar net weer bou waar ander afbreek!

Magdelize ·

Wat van al die tegniese kolleges/FET kolleges wat reeds bestaan.

wiliie ·

Die instellings was in 1994 in gebruik,hoekom het julle die instellings nie instand ge hou nie,julle ANC hou daarvan om kar voor die perde te span,iets moet eers gebeur voor julle uit julle slaap wakker word.Potholes,Damme,gesondheid,misdaad,betalings balaan ,polisie en onderwys

Broer Jack ·

Ek is keelvol dat ONS blanke belasting geld so gemors word! Die gaan ook WEER VERBRAND word SOOS ALTYD!

jaco ·

Sal dit eers glo as ek dit sien. Comrade Blade kan nie eers sy gedagtes orden nie, wat nog van n department van onderwys. Goedkoop politiekery weereens.

Berhalet Beukes ·

Kolleges vir wat? Ons “studentjies” stem vir kriminele en ongeskoolde leiers waarvoor wil hulle kollege toe gaan! As Nr 1 president met st 1 kan word kan hulle mos ‘n “aanwins” tot die werksmark wees sonder om formele opleiding te kry? Dis geld mors en ons almal weet dit!

etienne ·

Blade en kie dwaal rond soos ‘n klomp skape wat nie rigting kan kry nie, laat die privaat onderwys instellings soos Curro wat 100% slaagsyfers kry en self onderwysers oplei hierdie dinge doen

Sarie ·

Ek hoop hulle het Solidariteit genader vir hul Soltechplan. Sal dan ‘n kans op sukses hê. As hulle egter weer net kantoorbestuur as hoofvak aanbied of menslike hulpbronbestuur dink ek nie hulle sal sukses behaal nie. Dit lyk nie of hulle ‘n Kollege in die Noord of Wes-Kaap gaan bou nie.

Bach ·

Hoekom bou. Daar is seker talle geboue wat leeg staan en gebruik kan word. Net ‘n verkiesings foefie van kommunis Blade. Waar is die geld daarvoor.

etienne ·

Daar is geen “kickbacks” in ou geboue nie, daar moet ‘n tenderpreneur betrokke te wees om belastingbetalers se geld te gryp.

Karel ·

Onderwys en die naam Zuma in een berig ??!! Sy onderwys trust moet maar eerder ‘n paar wereldkaarte koop sodat die uwe net eers die kontinente kan verstaan… Voorspoedige twintig en nul en dubbel nul en sestien , eish hierdie nommers hy maak my kop baie dom

GES ·

Hierdie is beslis ‘n verkiesingsfoefie. Daar is bestaande gevestigde instansies wat huidiglik op die rand van bankrotskap verkeer as gevolg van wanbetaling van klasgelde ens. Die staat beskik nie eens oor die vermoë om te kan help nie maar wil 16 nuwe kolleges bou. Dit blyk ook dat meeste van die sogenaamde kolleges in KZN gebou gaan word. Kan dit gesien word as ‘n poging om die Zoeloe-koninkryk op te bou? Die hele storie stink en die volgende korripsieskandaal gaan SA tref wat rommelstatus gaan verseker.

Alfonso Niemand ·

En waar gaan jy die geld daarvoor kry, geagte minister?

CHRISTA ·

Moenie dat hierdie klomp paloekas julle flous nie! Hulle kon nie eers een kollege per JAAR bou nie, hoe gaan hulle 15 kolleges in EEN JAAR bou?

GES ·

Baie goeie vraag. Met die kragvoorsiening is dit die selfde storie. Hulle kon nie eers 2 kragsentrales in 20 jaar behoorlik aan die gang kry nie. Shame ……. : – ((

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.