15 skole deur Limpopo-betogers gebrand

Foto: ANA

Foto: ANA

Nog twee skole in Vuwani, Limpopo, is Woensdag aan die brand gesteek in die voortslepende betogings oor munisipale afbakening. Dit bring die getal skole wat tydens die afgelope week se betogings gebrand is op 15 te staan.

Elaijah Malatji, polisiewoordvoerder, het gesê vier klaskamers by die Munwai Laerskool en ʼn personeelkamer by Tshinavhe Secondary School is deur betogers aan die brand gesteek en heeltemal verwoes. Volgens Malatji is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die onlangse voorvalle van brandstigting nie.

Geweld in die gebied het weer Sondagaand opgevlam toe betogers die strate ingevaar het nadat die hooggeregshof hul aansoek om steeds onder die Makhado-munisipaliteit te val van die hand gewys het. Die inwoners het die hof genader om die besluit van die Munisipale Afbakeningsraad (MDB) dat hulle voortaan by die nuwe Malamulele-munisipaliteit ingesluit sal word om te keer.

Die MDB het al in 2014 aangekondig dat een munisipaliteit in Limpopo se Vhembe-distrik voortaan deur die nuwe munisipaliteit bestuur sal word.

Sedert die mees onlangse hofuitspraak het inwoners woedend gereageer deur skole af te brand, paaie te versper, motors met klippe te bestook en met onruspolisie te bots. Verskeie voertuie, ʼn poskantoor en ʼn stamkantoor is ook vandeesweek aan die brand gesteek.

Stan Mathabatha, Limpopo se premier, en lede van sy kabinet sal na verwagting vandag met tradisionele leiers vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

cc ·

Weereens bewys hulle dat vernietiging aan die orde van die dag is.
Hierdie mentaliteit sal nog lank voortduur!

vierkleur ·

En wie moet nou weer opdok om hierdie skole te herbou? Die minderheid wat die belasting betaal.
Ek is so g@tvol, want ons bly net agteruit gaan

m ·

Ag hoe pateties en dom. More huil hulle weer oor daar nie genoeg skole is nie . Ek word sommer naar!!!!!!!!!!!!!!!!

hans ·

Onverstaanbaar dat miljoene rande se skade aangerig word net omdat mense ongelukkig is oor n wysiging van n munisipale grens.

John ·

Waarom word polisieversterkings nie na die noorde gestuur nie? Daar is gedurig probleme. As dit nie onafgelewerde handboeke is nie, is dit dienslewering. Hierdie mense gaan almal suid skuif, wat nog meer plakkerkampe beteken en nog meer kiesers sonder adresse. Waar is nog stemme nodig?

Wim ·

Johan
Ek is hier in Pietersburg en glo my hulle skuif klaar in duisende suid.

DNA ·

Politiek op regerings vlak, Z was mos daar nou onlangs met n toespraak…………….

Grap ·

Baie jare terug in die ou bobutatswana het die kinders n skool afgebrand.Die regering van Lucas Mangope het die bou materiaal voorsien maar die kinders moes die arbeid self doen en daai skool staan vandag nog .

Kenny Erasmus ·

…. en dit Honorable Members, is hoe jy ‘ n land se toekoms ruineer….stukkie vir stukkie….

Jan maak n Plan ·

Ek het hierdie optrede al in die natuur ook gesien as sommige lede nie hulle sin kry nie, gooi klippe, skop stof op, breek takke en maak n helse geraas. Dis darem maar lekker in die nuwe Suid Zimbabwe ne.

StopTheMadness ·

Hierdie is n etniese problem, die Venda`s en Shangaan`s wil nie in dieselfde munisipaliteit wees nie en nou brand hulle skole af. Lekker man!

neelsie ·

‘On a point of order’……..dit is nie n lekker plek nie -want daar moet ek iets doen!
Die vernietigings gesindheid sal maar weer ontwikkel in n bakhand gesindheid.

Johann ·

Ek sê weer. Enorme verskil tussen ” previously disadvantaged” en ” currently taking advantage”. Maar díe stelling kort insig om te verstaan. Insig wat NOG ‘n ongeskoolde geslag nie sal hê nie. Tensy die ANC skoolstandaarde nóg verlaag vir ” the people” en n graad in klipgooi en brandstigting bekendstel. Geen teorie benodig: mobiliseer net die massas en siedaar; vergrype van voorregte en aandrang op ALS as regte. Ek skasm my zir af om te dink dís hoe ons land beleef word. En jip…waar ons koning bokwagter die groot Zuma gaan, lê die resultate in vlamme en klippe…

RG ·

Jy’s dalk nie ver verkeerd nie KP. Die ANC weet dat as die mense ongelukkig is oor iets en nie gehoor word nie hulle sal oorgaan tot geweld en vandalisme. Die polisie doen nie veel om die vandaliste te keer of vas te trek nie. Die vandaliste kom skotvry daarvan af. Hoekom?

marita ·

Hul weet dit is hoe hulle hul sin en wil in als kry,as hul so geweldadigraak,als afbrand,afbreek,en moordpleeg,

Charlotta ·

Dit is hulle mentaliteit om alles te vernietig. Raai wie gaan die skuld kry, apartheid.

Sê maar net ·

En dan kom almal Afrikaanse skole toe en dring aan op Engelse klasse want hulle is minder bevoorreg en het in die verlede nie so baie gehad soos ons nie. En so word Afrikaanse skole verengels, want dis hulle geboorte reg, hulle is benadeel. Maar hulle brand en breek alles af. Watse voorbeeld is dit nou vir hulle kinders, wat wel wil leer, wat wel wil werk en wat wel wil suksesvol wees?

E ·

En daar gaan die land se begroting. Sny jou neus af om jou gesig te spite.

Grassie ·

Die skole word nie noodwendig afgebrand omdat hulle kwaad is oor iets nie. Sommige mense het ‘n begeerte om te verwoes, hulle sien die skole daar staan en wil dit vernietig. Hulle wag net vir enigiets om te gebeur sodat hulle dit as verskoning kan gebruik. Hierdie mening is nie my eie “wysheid” nie, die Bybel sê so.
“Kyk, Ek het die smid geskape wat die kolevuur aanblaas en ‘n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ek die verderwer geskape om te verniel.”
Jesaja 54 : 16. (1953 vertaling)

Booskoos ·

…en vandag huil hulle wat self die skole afgebrand het hoekom hulle kinders nie kan skool toe gaan nie> Stupid verby !!!

charmaine ·

Het die ander dag die oulike ding gelees: n agterbelewende is n persoon wat die bus uitbrand en more by die bushalte gaan staan en wag vir die bus wat hy uitgebrand het. Hierdie is dieselfde hulle brand hulle eie mense se skole af en verwag more die kinders terug gaan die die afgebrande skool. Dink nie aan die dag van more nie.

Theresa B ·

Hulle kla oor alles en dienste en hulle het niks, maar dan doen hulle dit. Brand en plunder alles. Daar is wragtig nie ‘n pil vir domgeit nie………………………………

Tani ·

Interesant hulle brand die skole af omdat hulle ontevrede is met die regering, dan vra hulle vir die regering vir geld om asb die skole weer op te bou? regtig .. hierdie land is een bose kringloop !!!! eerlik is sommige mense so dom om nie te besef dat hulle net hullself skade doen nie?

david ras ·

Begin lyk soos ‘n mini herhaling van Soweto 1976.
Maar nouja, dis wat gebeur as mense (kinder ingesluit) nie geleer word dat daar altyd gevolge vir jou optrede is nie.
Die aangewese oplossing hier sou gewees het– sitvlakke vol rottang hale, en ‘n kort opdrag:
SKOOL TOE !!! en HUIS TOE !! of julle kry nog……
Dis wat oom Lucas Mangope sou gedoen het…..!

Corné ·

Spul patetiese, anargistiese vandale wat weet hulle gaan ongestraf wegkom. Natuurlik word agter die skerms opsweping gedoen. Skep dan woonbuurte vir spesifieke groepe as hulle dit so wil hê. Dis mos nou uit eie boesem ‘n bewys dat die meerderheidsgroepe nie etniese vermenging wil hê nie en segregasie verkies. Hoekom dan vermenging aan almal afdwing? Waarom dan heeltyd apartheid ophaal as hulle sélf segregasie van ander groepe verkies?

Piet Piper ·

Spreuke 16 vers 4: Alles het die Here gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

Theresa ·

Gaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaap.
Die vervelige optrede van “nou’s ons kwaad en sal ons als in ons pad stukkend maak, afbrand en in hordes rond spring” is so pateties dat woorde eintlik ontbreek om dit te beskryf.
Kry skaam as ordentlike lande dit moet sien – maar hoop hul sien dit wel, sodat hul die sotheid daarvan kan besef en nie altyd dink: ag siestog, nie. Uitstekende idee dat die vandaliste hul eie skole moet opbou. Sal lekker moeg wees saans en gaan slaap en nie energie hê vir nog verdere kwaad doen nie.

Connie ·

Oor ‘n maand demand hulle weer die skole terug wat hulle nou afgebrand het. Dan brand hulle seker nog goed af. Julle 18 skole!!!!!!!! Dis skokkend. Wat se tipe mens doen sulke goed?

hanna ·

Back in the day (1988) het my boetie tydens ‘n krieket wedstryd perongeluk ‘n ruit gebreek…. Die man het vir 6 gebuk en sy pa moes dit vervang…..
Nou brand hulle die hele skool af en die regeering vervang dit…
Lyfstraf moet terug gebring word. Dissipliene en orde is in geen skole nie!
Dis skandalik. My kind ontvang tuis onderrig. Ek weier dat Hy onder verkeerde invloed beland!

Anoniem ·

Skies Hanna … maar die regering gaan dit defnitief nie vervang nie. Ek en jy gaan dit vervang..met ons geld…Die regering leef op ons geld…die lekker soustrein wat net gee en gee……….

ou tannie ·

Dit is nie so dat daar nie dissipline in skole is nie. Is nou al 30 jaar in die onderwys en dit grief my as mense sulke twak kwytraak. Gaan kyk eers by jou plaaslike skool na die dissipline voor jy oordeel. Tuisonderrig kan dikwels veroorsaak dat kinders sosiaal onaanpasbaar is. N mens kan nie jou kind teen die wereld beskerm nie. Daar is puik privaatskole(Afrikaanse skole) wat se skoolgeld minder as R2000 per maand beloop. Dis minder as die meeste ex model c skole se skoolfonds. Is nou by n township Hoerskool en daar is niks fout met die dissipline nie. Ek leef my Afrikanerwees voluit uit en aanvaar die kultuurverskille. Beleef baie respek en werk lekker

Veritas ·

Ou Tannie ek wens dat skole soos dié meer onder die publiek se aandag gebring sal word. Daar behoort elke week so’n skool gekies te word om sodoende die openbare opinie te verander. Geen skool mag egter meer as een keer genomineer word nie. Die veldtog behoort binne een maand afgehandel te wees.

Kenny Erasmus ·

Ou Tannie (Juffrou) ek is myself ‘n oud onderwyser so verskoon my as ek myself ietsie toeien van weet-ook-waarvan-ek-praat….om’n skool af te brand is iets van ‘n paar Nee-Nee’s in die lewe. Dis wonderlik dat julle skool nog waardes het! Om ‘n skool af te brand is “onhelig” dis soos om jou ma te slaan, ‘n Bybel te verbrand, ‘n Biblioteek te vernietig. Hierdie is ‘n baie emosionele ding.

Lizl ·

En so word die nasie al dommer. Die ouers brand die skole af, die kinders kan nie leer nie, die een besef nie watter onreg hy die ander aan doen nie. So gaan ons sit met dom kinders.

Lance ·

Soek free education …maar ons brand die skool ???? ….hoe dom kan mens nou wees …scary hoe baie mense so dink en deelneem aan die vernietiging

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.