15 van mensehandel gered

Argieffoto

Altesaam 15 mense tussen 16 en 30 jaar oud is vandeesweek uit die greep van mensehandel gered.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, sê dié ondersoekeenheid het glo Woensdagaand op ʼn huis in Polokwane in Limpopo toegeslaan ná ʼn anonieme wenk.

Maluleke sê 15 mense is vermoedelik in dié huis aangehou vir mensehandel. “Die beweerde gevangenes is gevind en deur die polisie bevry.”

Drie verdagtes, almal in hul 30’s, is in hegtenis geneem en sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Polokwane verskyn.

“Al die slagoffers is na ʼn plek van veiligheid geneem terwyl die polisieondersoek voltooi word,” sê hy.

In ʼn afsonderlike voorval is vier mense by Seshego in Limpopo gered wat vermoedelik glo ook vir mensehandel gevange gehou is. ʼn Man is in verband met dié voorval in hegtenis geneem, maar reeds op borgtog vrygelaat. Hy sal weer op 30 November in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tas ·

Hoe word mense op borg vrygelaat wat met mense en kinderhandel.wat is dir kans dat hy wees sal verskei

Willie ·

Vra ek ook… as jy by mensehandel betrokke is, het jy konneksies om jou uit die te help… dis tog waaroor dit gaan?

? ·

Strafstelsel is al so onkapabel met vonnis oplê NIKS verbaas of verras meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.