15 vas; miljoene rande en dwelms op beslag gelê ná groot deurbraak

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Vyftien verdagtes wat glo deel is van ʼn dwelmhandelsindikaat, is in Oos-Londen in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê daar is op dwelms met ʼn straatwaarde van R3,5 miljoen, sowel as R4 miljoen se kontant, beslag gelê. Volgens Mulaudzi het die ondersoek in Januarie met die ondersoek begin. Lede van die Valke, misdaadintelligensie, die taktiese reaksie-eenheid, die openbare-orde polisiëring en die honde-eenheid was by die ondersoek betrokke.

Mulaudzi het gesê die inhegtenisnemings is gedoen nadat die polisie lasbriewe bekom het om 16 eiendomme in Oos-Londen te deursoek. “By een van die eiendomme het die polisie op R3 miljoen afgekom wat in ʼn voertuig versteek was. Verdere ondersoek het die polisie na ʼn eiendom in Keiweg geneem waar R1,6 miljoen se Mandrax-tablette gevind is. Twee mense is onmiddellik in hegtenis geneem.”

Volgens Mulaudzi is daar ook op kokaïen, dagga, tik, rekenaars en twee voertuie beslag gelê. Genl.maj. Mthandazo Ntlemeza, hoof van die Valke, het gesê hulle het nie net diegene wat hierby betrokke is in hegtenis geneem nie, maar ook gefokus op hul onwettige winste en bates.

Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het gesê kriminele moet weet dat dwelmaktiwiteite nie geduld sal word nie en dat operasies soos dié ʼn duidelike boodskap stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Die polisie moet net onthou om hulle in VOETBOEIE te sit as hulle na die hof vervoer word anders sal hulle weer na die kriminele moet gaan soek, want hulle kom telkemale weg as hulle na die howe vervoer word!!!

Bettie Geyer ·

Ek voel dat daar opgetree word teen fie tipe misdaad. Ek sal net graah wil sien dat fie polisie en regering meer wil doen om die ppubliek attent te maak oor dwelms en die gevolge. Wat van Tv advertising?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.