15 vas oor boendoehof

handcuffs15 mense wat glo die reg in eie hande geneem het en ‘n boendoehof bedryf het, het in die Acornhoek-landdroshof naby Hoedspruit in Mpumalanga verskyn op aanklag van ontvoering en aanranding.

“Hulle bly in aanhouding en sal volgende week weer in die hof verskyn om vir borg aansoek te doen,” het kapt. Robert Mphahlele, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die groep is in hegtenis geneem nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle beweerde kriminele ontvoer, voor ‘n boendoehof bring en aanrand. Hulle het glo ook mense gedwing om te erken dat hulle by misdade betrokke is.

Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, sê niemand mag die reg in eie hande neem nie.

“Ons is nie ‘n piesangrepubliek nie. Enigiemand wat sien dat ‘n misdaad gepleeg word moet die polisie kontak en nie reg in eie hande neem nie.”

Die beweerde slagoffers van dié groep word in veilige plekke gehuisves. Hulle het aan Shongwe gesê hulle is na verskeie plekke geneem en aangerand. Een van die plekke is glo ‘n verlate staatsgebou.

Sommige inwoners het glo misdade by dié groep aangemeld in plaas van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.