15 vas vir Limpopo-betoging

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Altesaam 15 mense is Saterdag in hegtenis geneem nadat ʼn skool en winkel afgebrand en vier polisievoertuie beskadig is tydens ʼn gewelddadige betoging in Vuwani, Limpopo.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die situasie was Sondagoggend onder beheer, maar steeds gespanne. “Die paaie in en uit Vuwani is steeds met klippe afgesper, maar verkeer beweeg rondom die gebied. Lede van die polisie se openbare-orde-eenheid is steeds op die toneel,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig betogers het Saterdag ʼn skool en winkel heeltemal afgebrand. Volgens Otto het betogers ook deur die aand vier polisievoertuie met klippe bestook en erg beskadig. Geen beserings is egter aangemeld nie.

Die inwoners betoog oor hul insluiting in die nuutgevormde Malamulele-munisipaliteit. Hulle meen dit sal tot ʼn verswakking in dienste in die gebied lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Veritas ·

Dit wil voorkom asof hierdie sogenaamde ‘protes-aksie’ niks met munisipale dienste uit te waai het nie maar gewoon krimineel van aard is. Hoekom anders sou polisie voertuie beskadig word? Daar bestaan mos geen moontlikheid dat dit enigsins die samesmelting van munisipaliteite kan beinvloed nie.

Liewe Heksie ·

en hoeveel gaan weer hul afrikaanse geld insamel om vir die arme bloedjies weer n skool te bou sodat hul kan leer hoe om ons land af te brand

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.