15 vas vir onwettige visvang

Van die visse waarop beslag gelê is. Foto: SAPD / Facebook

Van die visse waarop beslag gelê is. Foto: SAPD / Facebook

Altesaam 15 verdagtes, tussen 20 en 30 jaar oud, is Donderdag by die Rooikoppiesdam naby Brits in Noordwes in hegtenis geneem vir onwettige visvang.

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die Assen-polisie het as deel van sy spesiale Feesgetyd-operasies saam met die departement van natuurbewaring opgetree nadat inligting van grootskaalse onwettige visvang by die dam aangemeld is.

“Die polisie het beslag gelê op 10 vaartuie, talle visnette en drie bakkies wat vol vis gelaai is,” het Moleko gesê. Sy het gesê die vis en visvangtoerusting het ʼn geskatte straatwaarde van R10 000.

Moleko het gesê al die verdagtes is Zimbabwiërs en Mosambiekers. “Twaalf van die verdagtes het reeds ʼn skulderkenningsboete van R750 elk betaal. Die ander drie sal na verwagting vandag [Vrydag]  in die Brits-landdroshof verskyn,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bloues ·

Ons mense wat hengel as sport beoefen wens vir baie hoër strawwe.

tamboti ·

R750 boete, ja hoor hule sal more weer by ander dam vang!

Peet Schabort ·

Skulderkenningsboete van R750 en loop dan om dieselfde te gaan doen? Kan net winsgewend wees al is toerusting ook gevat?
Dalk kan iemand my verkeerd bewys?

Johan Fourie ·

Het nou alles op ge eet uit gevang en uit geskiet daai kant ,nou kom doen hulle als weer van voor af teen R750 ,WAT TE GRAP.

Co van den Raad ·

Ja Johan, Ek het vir byna 27 jaar in Afrika, Noord van SA gewerk en het BAIE woude ooraloor Afrika gesien waar daar geen meer diere is nie. Niks behalwe ‘ tiepe rot – so groot soos ‘n mol – wat nog gevang, gebraai & verkoop word as “bushmeat”. dis vreeslikom byvoorbeeld deur ‘n reenwoud in Ghana te ry wat ontsettend pragtig is maar dat daar geen lewe is nie. Nie eens klein voeltjies nie. Ergste is dat die Chinese nou besig is om al die hardehout bome uit daai woude te plunder. Weereens deur die hele Afrika, insluitende Noord Mozambiek! Tragies, baie tragies!!

Eish ·

Ag nee, as ons mense in ander lande oortree dan word hul baie swaar gestraf. En diekant kom doen hul net wat hul wil en kry ‘n klein boete. Geen wonder SA word ‘n regte egte mafia land nie.

Kobus nieman ·

Ek sukel al lank om iemand te kry om te help met netery by Rodekopjes, maar min het belang gestel. Ek bly langs die dam, so weet wat aangaan, al baie nete self uit gehaal, maar dis gevaarlik aleen met n sindikaat soos die. Assen het toe n nuwe bevelvoerder gekry, Willie Robertse, hy het hierdie operasie chop chop gereel, en hier is die resultate, dankie aan Willie sy span en Harties watervleul. Hul gaan meer operasies doen. Kan al ons hengelaars asb help met die skoonmaak van ons dame.

Fanie ·

Die chinese moet uit ons land uit! Die kriminele moet vasgavat word, die moordenaars moet die doodstraf kry en Zuma moet uit!!! Die Zim en ander burgers moet uit ons land gedeporteer word, en die grense moet terugkom.
China hoort nie hier in ons land!!

CHRISTA ·

Jy droom, my hartjie! Solank Zuma Zombie aan bewind is sal hy NOOIT sy sleeping partners na China toe terugstuur nie!!

Walter ·

R750.00 is niks teen die skade wat dai uitlanders al aangerig het nie. Hulle vang nie net die vis uit nie, hul roof die mense langs die water ook. Die Nette seker al klaar weer opgemaak en terug in die water.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.