150 papegaai-karkasse op erf aangetref

Een van die hokke oortrek van die spinnerakke. (Foto: Randburg DBV via Facebook)

“Dit kan as niks anders as ʼn gruwelike toneel beskryf word nie.”

Só sê die Dierebeskermingsvereniging (DBV) nadat die karkasse van meer as 150 papegaaie vandeesweek op die erf van die ondervoorsitter van die Papegaai‑vereniging van Suid-Afrika (PVSA) aangetref is.

Die DBV in Randburg, Johannesburg, sê in ʼn verklaring hulle stel ondersoek in nadat inspekteurs Maandag ʼn lasbrief bekom het om Antonie Meiring se woning te besoek.

Luidens die verklaring het inspekteurs saam met ʼn veearts en polisiebeamptes van die Douglasdale-polisie die woning besoek, waar hulle verskeie papegaaie aangetref het wat in haglike toestande aangehou word.

Daar is gevolglik op 20 papegaaie beslag gelê wat volgens die veearts mediese behandeling nodig gehad het.

Volgens ʼn inspekteurvan die DBV is die diere in hokke aangehou wat met rotte besmet is. Sommige van die hokke was ook só oortrek van die spinnerakke dat die voëls nie in staat was om te vlieg nie.

“Dit is ingevolge die Dierebeskermingswet ’n oortreding om ’n dier in vuil of parasitiese toestande aan te hou,” sê die inspekteur.

Luidens die verklaring word die saak tans deur die Randburg DBV Inspektoraat ondersoek en kriminele klagte sal teen die eienaar aanhangig gemaak word. Daar sal egter eers met beamptes van die Gautengse departement van landbou en landelike ontwikkeling en kundige veeartse gekonsulteer word.

Die DBV is ook tans in gesprek met die bestuur van die Papegaaivereniging van Suid-Afrika in die hoop om moontlik dissiplinêre stappe teen Meiring te neem.

“Die toestande wat hierdie diere gedwing is om te verduur is niks minder as betreurenswaardig nie. ’n Mens sou verwag dat die ondervoorsitter van die Papegaaivereniging van Suid-Afrika sy eie gedragskode sou nakom. Dit is ’n misdaad,” sê die DBV.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Deloris ·

Dis nou n flippen groot SKANDE
Sit Meiring in n hoket sulke omstadighede. Hy gaan seker weer lig wegkom met n biete en hy.mag nooit diere aanhou nie. Dis te lig

Maricia ·

Mense wag eers vir die volle waarheid om uit te kom voordat julle net veroordeel. N saak het altyd 2 kante. (Of 3) Gee die man kans om homself te verdedig en sy saak te stel.

Diertjie ·

Ek is so siek vir mense wat nie weet hoe om diere te behandel nie. Moet hulle asb nie toesluit nie …gee daai skuldiges net vir ons diere liefhebbers…..ons Sal met hulle gal werk!!!

AA ·

Meiring mag jy in sulke haglike omstandighede jou res van jou lewe deur bring. Weet ek is sommer net kwaad.

Liza ·

Wat sou ek wou gee om een van hulle te kry……ek kan nie eers n budgie bekostig nie…..so wreed ….ek so kwaad nou…..

Mariciaop ·

Mense wag eers vir die volle waarheid om uit te kom voordat julle net veroordeel. N saak het altyd 2 kante. (Of 3) Gee die man kans om homself te verdedig en sy saak te stel.

Woedend ·

Hulle se, wat jy saai sal jy maai, en Meiring ek voel nie nie eers jammer vir jou nie.

Alida ·

Beboet die wrede man met die geld waarde van die voels. Ongeveer R20000.00?

Pietie ·

Dat die onder-voorsitter sy eie gedragskode nie nakom nie is taamlik algemeen. Ek het ‘n saak wat sloer teen ‘n ou president van die waardeerdersvereniging wat sy eie kode, soos opgestel deur hom, nie nagekom het nie en mense indoen. Die waardeerdersvereniging het aangedui dat daar ‘n geldige saak teen hom is.

HB ·

Skande!!!! Vir hom was dit net oor die geld. Ek wens daar kan n verbod geplaas word op die aanhou van alle wilde en eksotiese diere as treoetel diere.

rk ·

ek verstaan nie hoe kan die ander members van die organisasie nie iets agtergekom het nie?

Hulle is almal dieselfde ·

Dis nie net in dié kringe dat daar vrot appels is nie, hoeveel KUSA geregistreerde honde teëlers is daar wat se honde ook in sulke waglike omstandige moet teël (mens kan nie sê lewe nie) want daardie arme honde word net gebruik vir geld… Sodra jy jou passie verloor, los dit eerder, want dan doen jy dit alles vir mamon & verloof jy siening oor baie dinge…

Swannie ·

Hy gaan slegs `n opgeskorte vonnis kry soos alle vorige persone wat diere mishandel het.

Katrien ·

Maroela Media, die woord is haglik, nie haaglik nie. Vriendelike groete!

Oom Johan ·

Vir meer as 40 jaar het ek waargeneem hoedat pluimvee-boere, dis nou ouens wat eksotiese hoenders aanhou en teël vir skou-doeleindes, hul pluimvee in die mees haglikste omstandighede, aanhou. Verrotte karkasse, vuil hokke met vrot water, maar teël wil hulle teël en skou wil hulle skou. By die hoenderskoue word daar breed gespog oor hul goeie genetiese materiaal en dan suip hulle eers!!!

Adel ·

Verdomde gemors, as jy nie na diere kan kyk nie…..dan floppen kry jy nie diere nie!!!

Blommie ·

Dis so hartseer dat n dier so moet sterf, nee genade man het mense geen selfrespek en waardes oor in die land nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.