150 SABC-werknemers aangekla van bedrog

Argieffoto

Argieffoto

Minstens 150 werknemers van die SABC word dissiplinêr aangekla vir bedrog, het die openbare uitsaaier Vrydag bekend gemaak.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SABC, het gesê die werknemers word daarvan beskuldig dat hulle glo met dokters saamgespan het om die openbare uitsaaier se mediesefondsskema te bedrieg.

Volgens Kganyago is die beweerde bedrog aan die lig gebring deur fluitjieblasers. “Voorlopige ondersoeke het gewys dat meer as 150 werknemers die mediesefondsskema bedrieg. In ander gevalle het sommige werknemers die SABC bedrieg deur die verkryging van verskeie bemarkingsdienste.”

Kganyago het gesê in die lig van die nuutste verwikkelinge sal die SABC ook ondersoek instel by ander afdelings waar korrupsie moontlik kan plaasvind. Hy wou nie enige verdere besonderhede oor die dissiplinêre stappe bekend maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JB ·

Dit is mos aan die “orde” van die dag – so geen nuus nie!!!!!!!!!

Piet Pompies ·

Die storie van die Apteker, die mediese fonds lid en die duur potte en panne, of soos dit deesdae gaan, die Apteker die mediese fonds lid en die Tupperware…

Deon ·

Kan iemand vir my raad gee hoe om my TV lisensie te kanselleer. Kyk nie sabc nie.

Peet Schabort ·

Deon, dis hoekom hulle nog vasklou aan die ‘apartheidswet’ dat hulle sogenaamd ‘n publieke uisaaier is.
Dis daardie wet wat jou verplig om ‘n lisensie te moet hë ongeag wat jy met daardie stel van jou doen.
Ek het jare gelede saam met die Junior Rapportryers geweier om lisensie te betaal en omdat ek nie ‘n lid was het ek nooit geweet dat die JR hulle onttrek het van die boikot en gevolglik moes ek maar die gevolge dra.
Dis nou samewerking uit die boonste rakke.

Christo Visagie ·

Ek betaal sedert 1990 nie meer daai lisensie nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,en ek sal ook nie

AH ·

Christo jou gelukkige h!! jy is hopelik nie op hulle data basis nie

CHRISTA ·

Hulle volg maar net in hulle grootbaas se voetspore!! Hy kom mos met als weg!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.