150 voormalige ANC-lede by DA verwelkom

Foto: ANA

Foto: ANA

Die Demokratiese Alliansie (DA) in KwaZulu-Natal het Sondag in Welbedacht, Durban, 150 voormalige ANC-lede in die party verwelkom.

Zwakele Mncwango, die DA se leier in die provinsie, het gesê die nuwe lede was voorheen almal geregistreerde lede van die ANC, maar is “ontnugter deur die ANC se korrupsie” en het die DA as hul nuwe politieke tuiste gekies.

“Hierdie lede beweer hul pogings om korrupsie in die ANC hok te slaan was tevergeefs aangesien die ANC-leiers onder mekaar baklei vir posisies in die party. Deursigtigheid in die uitreik van tenders en die toekenning van werk en behuising is ook bydraende faktore,” het Mncwango gesê.

Hy het gesê die DA respekteer elkeen se reg om aan ʼn politieke party te behoort wat hul waardes weerspieël en dat die DA se waardes onder meer vryheid, regverdigheid en geleenthede vir almal insluit. “Ons hoop om ʼn beter toekoms vir ons land op hierdie waardes te bou. Terwyl die ANC aanhou baklei oor posisies, voel die mense afgeskeep. Die DA bied hoop aan hierdie mense in nood,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Magda ·

Elke persoon wie se oe oopgaan en nie meer die ANC ondersteun nie moet ons dankbaar voor wees…vertrou dit sal in massas toeneem want ons land BRAND !!!!!!

Cherokee ·

Magda, op ‘n manier neig ek om met jou saam te stem, maar jou stelling kort afronding totdat jy aan ons die verskil tussen die twee partye verduidelik.

snoefie ·

James ons moes die vrot kol in die da al opgemerk het toeou Helen haar cronies oorreed het om eerder vir lindiwe masibuko as vir athol Trollope te stem so paar jaar terug. waar is haar liewe lindiwe nou? as dit in die anc gebeur het, sou ons almal Zuma se kop op n vuil krat geeis het. tog was ons still toe Helen se indiskressie aan die lig gekom het.

Gerhard ·

Ek weet nie of ek die “oorlopers” sommer so blindelings sal vertrou nie. Was hulle nie moontlik kandidate wat nie die lys gehaal het nie en jou later in die hakskeen gaan byt nie???

Cherokee ·

Onthou jy so kort mannetjie (kan nie sy naam onthou maar as ek reg onthou het hy deurmekaar hare) wat nie ‘n setel gekry het by die DA en toe hardloop hy na die VF+?

Loeis ·

Of die mannetjie in Kaapstad van VF+ wie na die DA oorgehardloop het en met die pos van speaker van die Wes-Kaapse parlement beloon is?

Tiger ·

Die DA gaan elke “nuwe” lid in die toekoms brood nodig he want die EFF blaas HARD in hul nekke as dit by getalle kom.Veral die jeugdiges hou eerder van Malema se sienswyse tov “grondhervorming” .Dis nou grondgryp en beset waar hulle wil.

Ander Koos ·

Die DA is ook nie daar vir “wit belange” nie. As hulle swart steun wil wen sal hulle ook maar selfde radikale en onwerkbare beleid moet aanneem. Wit mense in SA moet besef hulle het geen politieke invloed of seggenskap meer nie en nou net ‘n gerieflike slaansak in die gevegte tussen die swart mense. “Sad but true” ons het vreemdelinge in ons eie land geword.

Cherokee ·

Tiger, jy sê dat hulle meer van die EFF se sienswyse hou as diè van die DA. Is daar werklik verskil tussen die DA se planne tov grondhervorming en die van die EFF?

Karli ·

DA is in elk geval mini-ANC. Hul staan bykans vir als waarvoor ANC staan. BEE, aborsies, grondhervorming, sê niks oor plaasmoorde, lys gaan aan.

Hul sal tuis voel by DA.

Otter ·

Ek stem saam met Karli. Afrikaners moet besef ons heil lê nie by DA nie – hulle beleid is om Afrikaners uit te werk terwyl hulle geloof in God verruil het vir geloof in die Mandela-afgod. Stem VF+, werk saam met Solidariteit, dien God.

christine ·

Julle ouens kalmeer dink net vir julle self, julle wil die ANC staf wel ek ook. Maar waneer laas het julle die Afrikaners getel eks mal mal mal vir die Vryheidfont maar ongelukkig gaan hy by die stembus geen inpak maak nie. Julle verdeel net stemme. Verstek die DA se hande sodat ons eers onslae kan raak van die mense van die ANC. Die is n munisipale verkiesing belangrik vir dienste.

Otter ·

Christene, die DA erken nie die drie-enige God wat hemel en aarde geskape het nie, maar VF doen dit wel. Doen wat jy wil, maar ek sal doen wat ons Protestante Christen Boere voorouers gedoen het: glo in God, dien Hom, en trek nie met ongelowiges in dieselfde juk nie.

Cherokee ·

Christine, as dit nie jou gewete pla om vir die DA te stem, doen so voort. As jy dit met jou gewete kan uitklaar dat jy daarvoor stem dat bevoegde blankes oorsee moet gaan werk soek terwyl onbevoegde swartes met hul BMW’s instellings soos Eskom en dies meer oor die afgrond bestuur, maak so. As jy rustig kan slaap wetende dat jy daarvoor stem dat boere se plase gevat en aan onbevoegde swartes gegee word wat net kan oes maar niks weet van plant nie, stem maar DA. Ek het die trotse rekord dat ek nooit NP en nooit DA gestem het nie.

Hein ·

Christine het jy al gehoor van dpe proposionele sitplekke in die raad. Onthou die wyke is so opgestel dat die belasting betaler se stem gekanseleer word deur die meerderheid. Oppossisie partye kan net in die proposionele sitplekke sit want die aantal stemme wat hulle per wyk stem is eenvoudig te min en hulle sal nie een enkele wyk vat nie. Miskien verstaan jy nie mooi nie. Jy kan vir ‘n party stem wat naastenby die selde waardes het as jy. Lekker dink en lekker stem want dit gaan niks help teen die groot getalle van die meerderheid in jou wyk nie.

Edward ·

Ek wens mense se oë wil tog net bietjie oopgaan. Die oorgrote meerderheid swart mense is net soos ek en jy gatvolgatvol vir die korrupsie en nepotisme in die land. Hulle besef die ANC is nie meer vir hulle nie. Meerderheid swartes sal maar ten bly wees vir ‘n goeie werk en ‘n toekomstoekoms vir hulle kinders. Hulle besef die ANC is besig om dit te steel.

Ek staan eerder saam met sulke mense as die sommige rassiste wat hier antwoord.

Cherokee ·

As jou oë vir ‘n slag oopgaan sal jy tot jou skok agterkom dat as jy die waarheid gepraat het, sou die anc nie keer op keer weghardloop-oorwinnings behaal nie. As dit ooit sou bewaarheid word dat die oorgrootte (dit is hoe dit gespel word) meerderheid van hulle nie meer anc stem, sal hulle eff stem. Slaap maar rustig verder.

Rynhardt ·

Met die 150 Anc lede wat oorgeloop het na die liberale DA, glo die DA en sy ondersteuners hul gaan nou die Anc trief! DIE DA HET NET  VERGEET OM VIR JOU TE SE DAT DAAR MILJOENE DER MILJOENE SPOOKKIESERS IS OP KIESLYSTE! WAT SE DIT VIR JOU VAN DIE OPPOSISIE WAT AAN SO VERKIESING GAAN DEELNEEM??? SELFS DIE GEHOORSAME SABC EN RSG BEMARK NOU DIT AS DIE VERKIESING VAN DIE EEU!!WERKLIK??

Joann ·

James ek stem,DA is net soos sy ouboet die ANC. Oorlopers? Ek ruik n rot groot vette. Hans kakies.

Theresa B ·

Dis meer as ‘n sirkus. Ek vertrou hierdie skielike geoorloop geen duid nie.

Chris ·

Presies dieselfde. Geen verskil. Net verskillende kandidate.

Bruno Stef ·

Dit is n kwessie van beginsels daarom stem ek vir die VF en daarom sal ek myself ook nie as stemvee vir die DA of enige ander party laat gebruik nie. Vergelyk gerus die VF se kandidate met ander partye sin en jy praat van kwaliteit teenoor kwantiteit.

Johan ·

Ons moet nie net sit en doemprofete wees nie. Ons elkeen se afsonderlike oortuiging gaan nie die wa deur die drif trek nie.
Op die ou end is dit getalle wat tel en as AL die wittes in hierdie land, vir die eerste keer in drie eeue, 100% sou saamstem, dan is daar nog nie genoeg getalle om ‘n wesenlike verskil te maak nie. Die antwoord is dus om die beste van ‘n slegte saak te maak en te stem waar daar darem so effens kans is om ‘n se te kry in sake van belang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.