16 000 wetstoepassers by Gauteng-stempunte ontplooi

Argieffoto

Argieffoto

Minstens 16 000 wetstoepassers sal Woensdag by stempunte oor Gauteng ontplooi word om ʼn vreedsame munisipale verkiesingsproses te verseker.

Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Dinsdag gesê risiko-assesserings is gedoen by die provinsie se 2 764 stempunte.

“Daar is meer as 16 000 wetstoepassers wat by die verskillende stempunte ontplooi is. ʼn Bykomende 1 143 beamptes is na die hoërisiko-gebiede ontplooi,” het Nkosi-Malobane gesê.

Premier David Makhura het gesê stemdag behoort aan die Suid-Afrikaanse kiesers. “Die politieke partye het hul werk gedoen. Môre behoort aan die kiesers, hulle het die finale sê.”

Makhura, Nkosi-Malobane en die provinsiale polisiekkommissaris lt.genl. Deliwe de Lange, het die OVK-uitslagsentrum in Aucklandpark vroeër besoek.

Die laaste spesiale stemme is Dinsdag uitgebring.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die publiek gewaarsku om besonder veiligheidsbewus te wees tydens die verkiesingsproses, veral in gebiede waar die ANC volgens voorspellings moontlik beheer kan verloor.

“Die marknavorsingsgroep, Ipsos Suid-Afrika, het met vorige verkiesings akkurate voorspellings gemaak en vanjaar weer aangedui dat die ANC moontlik in verskeie gebiede deur mededingende partye verbygesteek gaan word. Landwye onluste en konflik word veral in dié gebiede verwag,” het AfriForum gesê.

Gebiede waar onrus vermoed word, is met behulp van onafhanklike navorsing en ontleding saamgestel.

In Gauteng is dit die volgende:

Soshanguve, Ga-Rankuwa, Mabopane, Hercules, Atteridgeville, Hammanskraal, Mamelodi, Kameeldrift, Ekangala, Zithobeni, Tembisa, Onderstepoort, Pretoria CBD, Pretoria Noord, Bronkhorstspruit, Johannesburg, Midrand, Sharpeville Informele Nedersetting, Bekkersdal, Zola Informele Nedersetting (Soweto), Thokoza Informele Nedersetting, Doornpoort, Eersterust, Refilwe en Phillip Nel Park. Politieke onrus tussen die EFF, die ANC-geaffilieerde Sasco, DA, die ANC-jeugliga en PAC is waarskynlik.

Klik hier om te sien watter ander gebiede landswyd ook moontlik onrus te wagte kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Grap ·

Die probleme in Hercules is as gevolg van onwettige plakkers wat nou net eise stel en die wet openlike verontagsaam terwyl die polisie “MONITOR “wat ‘n grap

Carel ·

Wetstoepassers?? Ons lees daagliks vir hoeveel ongeregtigheid wetstoepassers in ons land verantwoordelik is. Hou hulle maar fyn dop met daardie ongebruikte stembriefies . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.