‘16 Augustus moet vakansiedag wees’

Julius Malema. Foto: EFF, Facebook

Julius Malema, leier van die EFF, het Woensdag gesê 16 Augustus moet as ʼn openbare vakansiedag verklaar word.

“16 Augustus moet as ʼn openbare vakansiedag in Suid-Afrika en reg oor die wêreld gevier word, nie net in Marikana nie. Die werkers moet nie werk toe gaan nie, maar moet hier in Marikana die dag vier,” het Malema gesê.

Verskeie mynwerkers en politieke leiers het Woensdag op die berugte Marikana-koppie naby Rustenburg in Noordwes saamgetrek vir die vyfde herdenking van die Marikana-tragedie. Op 16 Augustus 2012 het 34 Lonmin-mynwerkers gesterf toe polisiebeamptes op die skare mynwerkers losgebrand het. Byna 70 ander is gewond.

Die werkers was besig om te staak in aandrang op ʼn maandelikse salaris van R12 500. Hulle het op die koppie gekamp en geweier om die gebied te verlaat totdat die Lonmin-bestuur met hulle kom praat het.

ʼn Week voor die tragedie is tien mense, insluitend twee polisiebeamptes en twee Lonmin-veiligheidswagte, doodgemaak.

Malema het Woensdag ʼn helde-ontvangs gekry toe hy by die herdenkingsverrigtinge opgedaag het. Die skare het “Juju, Juju” gedreunsing terwyl hy by die verhoog opgestap het. Saam met hom was Betty Diale, provinsiale voorsitter van die EFF in Noordwes, en Dali Mpofu, nasionale voorsitter van die party.

Malema se aankoms het die opening van die pastoor onderbreek en die pastoor moes die skare versoek om hom toe te laat om klaar te maak voordat Malema hulle sou toespreek.

Malema het gesê die EFF het verlede jaar beloof om Amcu R1 miljoen te gee om huise vir die families van die oorlede Marikana-mynwerkers te bou. “Ons het belowe om R1 miljoen vir Amcu te gee, ons het presies dit gedoen en ons gaan nog meer bydra. Amcu moet weet hulle het ʼn bondgenoot in die EFF. As julle enigiets in die parlement geopper wil hê, kom na ons toe,” het hy gesê.

Ander politieke leiers wat teenwoordig was, was Mmusi Maimane van die DA en Bantu Holomisa van die United Democratic Movement (UDM). Ben Magara, uitvoerende hoof van Lonmin, was ook teenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Cecilia Steyn ·

O absoluut! Noem dit net Elvisdag. Hy’s vandag 40 jaar gelede oorlede.

Pik ·

Minder as die boere en witmense vermoor per jaar so wat doen ons nou?

piper ·

ja wat n grap. ja maak dit elvis dag. na 150 miljoen rand se ondersoeke en in die 5 jaar 90 000 moorde ploeter hulle nog steeds aan oor marikana. dit is absoluut net n politieke speelbal.

Meatloaf ·

Nogal reg oor die Wereld!! Verbeel jou. Die ou se kop is n brandewyn prop.

smp ·

Ag genade malema, wat mowt ons dan op die dag doen as dit n vakansiedag word?

dna ·

Siende dat hy besig is, hoekom nie die hele Augustus n vakansie maand maak……………

Eish ·

Tragies dat die pastoor skoon onderbreek is in sy boodskap met Juju se aankoms. Tragies dat die skare eerder na Juju wou luister dan die pastoor.

vrikie ·

Nog ‘n vakansiedag, ons het deesdae al so baie braaidae ek is bankrot gekoop aan vleis

Annette Stander ·

Hier word omtrent nooit meer gewerk in hierdie land nie want daar word gedurig gestaak. Produksie is al amper nul. Malema sal moet leer dat ‘n mens jou hande uit jou moue moet haal en werk as jy iets wil he. Ek glo nie hy het al een enkele dag se eerlike handewerk verrig in sy lewe nie. Hy kan net opsweep en bekpraatjies maak. Jy moet ‘n IK van maksimum 10 he as jy bereid is om na hom te luister.

Riaan ·

As dit so aangaan, sal ons binnekort 365 dae hê om te vier, dan bly ons sommer almal by die huis en doen niks, maar treur oor die verlede.

Gatoons ·

Dit sal lekker wees maak dit sommer 2 vakansie dae , ons het die rus nodig .

Ilse ·

Dan moet daar ‘n vakansie dag wees vir elke boer wat in die land vermoor is. Kan nie glo hulle maak so groot ding oor die Marikana storie nie.

Susan ·

Maak n publieke vakansiedag vir elke dag wat n boer vermoor is… ons sal nooit n werksdag he…

Werker ·

Ja asseblief! Dan kan hulle ophou die mense wat wil kom werk dreig met die dood op die dag! Dis vir my die beste, Lonmin moun elke dag dat hulle nie geld het nie, die myn doen swak, maar dan gaan sponsor hulle die wie dood is se ‘familie’, om elke hoek en draai! Kinders kry verniet skool en universiteit, die ‘vrouens’ kry werk en dan wil ek nie praat van die vakansies wat geborg word nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.