16 beseer toe bus vyf voertuie tref

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 16 mense is Maandagoggend in Durban, KwaZulu-Natal beseer toe ʼn bus vyf voertuie getref het.

“Die bus het in Bereaweg afgery en nie by die kruising gestop nie,” het Garrith Jamieson, ʼn woordvoerder van Rescue Care, gesê. Die ongeluk het omstreeks 07:00 op die hoek van Berea- en Botanic Gardensweg plaasgevind.

“Paramedici van verskeie nooddienste was op die toneel om die beseerde mense te behandel. Die 16 mense het verskeie beserings opgedoen. Drie van die mense is ernstig beseer,” het Jamieson bygevoeg.

Die beseerdes is na verskeie hospitale in Durban geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.