Altesaam 16 mense is Maandagmiddag beseer in ʼn ongeluk tussen ʼn motor en ʼn taxi op die N2-hoofweg in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het saam met ander nooddiensbeamptes by die toneel opgedaag en die taxi en die motor in die middel van die pad aangetref.
“Die insittendes van albei voertuie is aangetref waar hulle op die toneel rondgeloop het,” het Meiring gesê.
Volgens Meiring wissel die beseerdes se beserings tussen gering en matig.
Die beseerdes is op die toneel behandel vir hul beserings en daarna deur verskillende nooddienste na verskeie hospitale vervoer.
Die polisie ondersoek die voorval.
wanneer gaan die “REGERING” werk daarvan maak om wette toe te pas, of sommer net opleiding gee aan persone wa lisensies gekoop het
Maroela dit is mos nie nuus nie. Geringe tot matige beserings. Dit is iets alledaags sodra die woord Taxi gebruik word.
Mmm, wanneer betoog EFF oor die NALATIGHEID van taxi bestuurders? ;-)