16 beseer toe trein ontspoor

Foto verskaf deur Netcare 911

Minstens 16 persone is Dinsdag beseer toe drie waens van ʼn trein by die Elandsfontein-treinstasie in Boksburg ontspoor het.

“Paramedici is omstreeks 16:15 na die toneel naby Jet Parkweg ontbied,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Drie van die waens het ontspoor en minstens 16 persone is beseer. Al die beseerdes was passasiers op die trein. Hulle het geringe tot matige beserings opgedoen.”

Die beseerde persone is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die omstandighede wat tot die ontsporing gelei het, word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

André ·

Kan nie glo dat ons spoor vervoer so erg agteruit gegaan het nie.

Sê maar net ·

Die spoorlyn was bietjie glad van al die reën ? die dat dit van die spoor af gegly het

Scruffy ·

Dis nie meer snaaks om te hoor van trein pngelukke nie dit het nou n algemeene ding geword soos bv 30 jaar terug as jy n ongeluk sien was dit iets ongewoon .Maar nou het pad ongelukke en trein ongelukke iets algemeen geword gaan kyk net wie is in beheer droewig

CJ ·

So raak ons geliefde RSA stelselmatig die spoor byster. Hartseer … hartseer … hartseer.

Keelvol ·

Daar loop al maande lank ‘n stroom water van die spoorlyn af oor Jet Park Road. Slag gate is afgryslik soos die grond onder die teer wegspoel. Munisipaliteit doen niks want die grond en die oorsaak behoort aan Transnet. Transnet het laat weet dis nie hulle probleem – Prasa is blykbaar veramtwoordelik vir instandhouding. Verbaas my gladnie dat die trein ontspoor het – met al daardie water moet die grond onder die spore beslis onstabiel wees. Kyk maar na die fotos en sien hoe staan die paramedici in die modder.

jakes ·

Statistiek toon dat daar meer as 1200 ontsporings landswyd was in SA die afgelope jaar. Was self 25 jaar by Transnet en hierdie syfer is n bewys dat onbevoegdheid op alle vlakke hiervoor pa moet staan. Voor 1994 was dit ongehoord om meer as 50 ontsporings per jaar te ondervind.

verstaan nie!!!! ·

Treine… skool dramas… ondewysers… leerlinge.. … mans wat voruens vermoor… die ma wat ha eie kidners vermoor… verkragtings… plaas moorde… en so gaan die lys aan.

lanie ·

Dit is nie ontsporings nie, dit is menslike foute. Mense wat nie nou meer behoorlik opgelei word of deur die regte kanale by die posisies uit kom soos 20 – 30 jaar gelede nie. Die treine word mos nou gedryf…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.