16 beseer toe voertuig rol

(Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Altesaam 16 mense is Sondagoggend beseer toe ’n ligte afleweringsvoertuig van die N11 naby die Elandslaagte-afrit buite Ladysmith in KwaZulu-Natal gerol het.

Shawn Herbst, woordvoerder vir ER24, sê nooddienste was ongeveer 08:30 op die toneel waar die voertuig in ’n veld aangetref is.

“Paramedici het die pasiënte ondersoek en gevind dat sewe mense in ’n kritieke toestand was, terwyl nege ligte tot matige beserings opgedoen het.

“Die pasiënte is op die toneel behandel en die kritiek beseerde pasiënte is van gevorderde lewensondersteuning voorsien voordat hulle na die Ladysmith- provinsiale hospitaal vir verdere behandeling geneem is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.