16 in hof oor renosterstropery

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Sestien beskuldigdes wat tydens “Project Blood Orange” in hegtenis geneem is, het in die Nelspruit-handelsmisdaadhof verskyn op verskeie aanklagte.

Die 16 persone, Francis Kipampa, Martin Lekhuleni, Eunice Lekhuleni, Sipho Nyundu, Solly Ubisi, Agina Mkhonto, Thandy Makhuvele, Ignatia Mnisi, Given Mzima, Daniel Maluleke, Joyce Maluleke, Nkateko Maluleke,  Otters Maluleke, Miyelani Maluleke, Khensani Maluleke en Stephilina Mbhombi  staan onder andere tereg op aanklag van geldwassery, korrupsie, sameswering, en oortreding van die Wet op Omgewingsbestuur wat met renosterhorings en ander aanklagte verband hou.

“Dit volg ná ʼn sorgvuldige ondersoek deur die Valke se eenheid in Mpumalanga wat ernstige korrupsie ondersoek,” sê kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke).

Die beskuldigdes sluit twee voormalige wildbewaarders, Daniel Maluleke en Solly Ubisi, in asook hul familielede wat in hegtenis geneem is ná ʼn ondersoek deur ʼn multidissiplinêre span in ʼn projek genaamd Blood Orange. Die span het ook KPMG, SAID en FIC ingesluit.

“Die saak teen die 16 beskuldigdes is tot 25 Oktober 2023 uitgestel vir ʼn finale ouditeursverslag en die voorverhoorkonferensie.”

Die provinsiale hoof van die Valke het die span se samewerking geloof wat tot dié uitstekende sukses gelei het. “Dit dien as ʼn sterk waarskuwing teen diegene wat betrokke is by onwettige wilddiere-aktiwiteit dat hul dae getel is,” het genl.maj. Nico Gerber gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.