16 in militêre hof oor rekrute se behandeling

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 16 instrukteurs van die Infanterieskool in Oudtshoorn het Dinsdag in ʼn militêre hof in die dorp verskyn, twee jaar nadat bewerings van mishandeling van rekrute teen hulle gemaak is, het Beeld Woensdag berig.

Die instrukteurs sluit in drie kapteins, drie adjudant-offisiere, vier korporaals en vier onderkorporaals.Van hul voorlopige aanklagte behels mishandeling van ondergeskiktes en gedrag tot nadeel van militêre dissipline.

Nie een van die skool se bestuur of senior offisiere is aangekla nie.

Hofverrigtinge het ewe skielik afgeskop nadat ’n interne raad van ondersoek vroeër bevind het dat niemand vir die vergrype by die skool of die dood van talle rekrute verantwoordelik gehou kan word nie.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het die militêre ombudsman, lt.genl. Themba Matanzima, versoek om ʼn ondersoek te doen. Die jongste ontwikkeling spruit uit dié ondersoek, en glo nie die weermag se eie ondersoek nie.

Ten minste tien rekrute was vir opleiding by die Infanterieskool toe hulle in die hospitaal opgeneem is nadat hulle vir sowat 34 uur aan strafopleiding onderwerp is.

Die instrukteurs het eers met die opleiding opgehou nadat drie van die rekrute bewusteloos geraak het.

In ander voorvalle is ʼn rekruut dood weens blootstelling en een het haarself geskiet nadat sy as ʼn “los vrou” gebrandmerk is.

Die saak is tot 20 April uitgestel.

In ʼn afsonderlike saak moet brig.genl. Xolani Mankayi en kol. Nkhabu Nthejane, onderskeidelik die oud- en huidige bevelvoerder van die skool, weer op 10 April in die streekhof in Oudtshoorn verskyn nadat hulle glo ’n groep soldate uit die polisie se aanhouding probeer bevry het nadat hulle in ʼn sjebien in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Piet Pompies ·

Het aangemeld op Bethlehem vir 2 jaar diensplig, is medies geklasifiseer as G1K1, so jy gaan afk@k. Die RSM het aangekondig dat hy van vandag af vir jou verantwoordelik is, so hy is jou pa, jou ma, jou ouma en jou oupa, so as jy probleem het, kom praat jy met hom. Die volgende drie maande het ek ontwikkel van ‘n tiener tot ‘n man. Wat is die verskil tussen die weermag en troepe van daardie tyd teenoor vandag se weermag en troepe………?

KarooKlong ·

Piet,
Lyk my jou oe het swak geword soos die jare aangestap het,
Daar is heelwat verskil tussen die mag en troepe van daardie tyd en vandag se mag en troepe (comrades) maar die grootste verskil is die KLEURSKEMA

Boesman ·

Ek stem saam Scalla en Piet. Sommer net n klomp slap gatte.

Goeie ou dae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.