16-jarige bestuurder sterf in Silverton-ongeluk

(Foto: Emer-G-Med)

ʼn 16-jarige seun is Sondagoggend dood in ʼn ongeluk waar hy die bestuurder van die motor was.

Emer-G-Med is in die vroeë oggendure na die toneel in Pretoriaweg in Silverton ontbied. “Twee voertuie was in die ongeluk betrokke. Een van die motors het oor die middelmannetjie gery en teen ʼn paal tot stilstand gekom.”

Drie tienerseuns, vermoedelik almal 16 jaar oud, was in die wrak vasgekeer.

“Die bestuurder en een van die passasiers het kritieke beserings opgedoen. Die derde persoon het matige beserings opgedoen.”

Met behulp van Tshwane se brandweer en Gauteng se provinsiale reddingseenheid, is meganiese toerusting gebruik om die persone uit die wrak te bevry.

“Die toestand van die bestuurder het egter versleg terwyl hy in die wrak vasgekeer was. Hy is deur paramedici dood verklaar op die toneel.”

Die pasiënt met kritieke beserings is bevry en op ʼn ventilator geplaas deur Emer-G-Med se paramedici. Hy is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem.

Die insittendes van die tweede motor het slegs geringe beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Blom ·

Jammer vir die ouers van die kind, maar hoe kan enige ouer ‘n kind van 16 toelaat om ‘n voertuig te bestuur.

Nico ·

Die oorsaak van hierdie jong mense se dood lê by die ouers, swak opvoeding en dissipline, motor sleutels te maklik om in die hande te kry, is daar nie drank betrokke nie, groepsdruk het ook ‘n aandeel. Dit is tragies dat die jong mense so vroeg moes sterf.

Yvonne ·

Tragies…..die onderneming gees van tieners…..hoee om te betaal

SjN ·

Tragies, hoekom het die verantwoordelike persone betrokke dit toegelaat vir die gebruik van die voertuig sonder lisensie en nou moet onskuldige mense boet?

Swerwer ·

Simpatie met die naasbestaandes van die 16 jarige oorledene. Dit is totaal onaanvaarbaar dat 16jariges motors bestuur in stads/woongebied. Die is absoluut onaanvaarbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.