16-jarige in hospitaal ná hy byna verdrink

See-strand-Nathan-Steyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

ʼn 16-jarige seun is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy amper in die see by Port Edward verdrink het.

John Nicholas, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die NSRI is 14:20 Vrydag na Oosstrand ontbied. Volgens Nicholas is Netcare 911 en die Hibiskus-veiligheidsdienste ook ontbied.

Nicholas het gesê met hul aankoms op die toneel is die seun reeds uit die water gehaal. “Die tienerseun was bewusteloos. Die NSRI se paramedici het onmiddellik behandeling begin toepas waarna die seun weer bygekom het.”

Volgens Nicholas is die seun in ʼn ernstige maar stabiele toestand met ʼn Netcare 911-ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Volgens berigte was die seun op ʼn skooluitstappie toe die voorval plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.