ʼn 16-jarige seun van Doonside in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, is in ʼn kritieke toestand nadat hy uit ʼn avokadoboom geval het.
“Die kind het glo in die boom in Hillsideweg geklim en was ongeveer vyf meter hoog toe hy geval het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Hy het kop eerste die teer getref.”
Die kind was in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Hy is aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel, op ʼn traumabord geïmmobiliseer en onder die sorg van ʼn gevorderdelewensondersteuningsparamedikus na die hospitaal geneem.”
Wou “eet” ? Hul loop daagliks strate vol en plunder elke boom. Vakansiegangers koop te gretig! Ek woon in Doonside.
Ek is bie lief vir my taal, en vra die vraag net uit nuuskierigheid: Is daar ‘n langer woord in ons Taal as die titel wat hier gebruik is?
Gevorderdelewensondersteuningsparamedikus. As ek reg getel het, 41 letters. Weet iemand van ‘n langer woord, net uit nuuskierigheid wat ek dit vra, val geensins iemand se spel vermoeë of iets aan nie.