ʼn 16-jarige meisie van Rosedale in die Noord-Kaap is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 14-jarige meisie.
Brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Woensdagoggend omstreeks 07:00 by ʼn laerskool in Rosedale plaasgevind. “Die 14-jarige is met ʼn mes in haar bors gesteek. Sy het op pad na die hospitaal aan haar beserings beswyk.”
Die 16-jarige meisie is ná haar inhegtenisneming na ʼn plek van veiligheid geneem. “ʼn Beampte sal haar assesseer vir ʼn voorlopige verhoor en haar verskyning in die hof. Die ondersoek duur voort.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Die verdagte is ook nie juis fluks by die boeke nie – 16 jaar oud en nog steeds in die laerskool. Te volwasse en wêreldwys vir die ander kinders. Weet nie wat aanleiding tot die konfrontasie gegee het nie , maar sy het reageer soos ‘n rebelse tiener met baie, baie ernstige probleme
16 jaar waar is die opvoeding
Laerskool – 16 jaar oud!!!
Daar lê die eerste fout.
In my tyd was 16 jariges (laerskool) in spesiale klas weg van res van kinders. Ons was bang vir hulle, maar nou sê die wet jy mag nie ‘n kind opvoeding weier nie. Watse opvoeding? Hulle maak nes hulle wil. Waar in jou lewe kan 20+ nog op hoërskool wees?
In my dae was ‘n 14jarige ook alreeds in hoerskool gewees…