16-jarige sterf ná kankerstryd

Pieter-Rian Benadie (Foto: JacarandaFM)

Die 16-jarige Pieter-Rian Benadie, ʼn kranige rugbyspeler wat met terminale kanker gediagnoseer is, is Sondag oorlede.

Pieter-Rian is net ná September 2016 met Ewing-sarkoom – ʼn soort kanker wat veral in die bene voorkom – gediagnoseer.

Hoewel hy aggressiewe behandeling, waaronder talle rondes chemoterapie, ondergaan het, en die gewasse alles uitgesny is, is hy in Desember verlede jaar weer in die hospitaal opgeneem nadat die gewasse begin groei het.

Pieter-Rian is weer in die hospitaal opgeneem, maar dokters het die gesin vroeg in 2017 aangeraai om sy laaste tyd eerder saam tuis te geniet as om konstant in die hospitaal te wees vir kankerbehandelings wat na alle waarskynlikheid nie sy lewe gaan red nie.

Hy het op 7 Maart vanjaar 16 geword, en het toe dié spesiale verjaardag saam met die Good Morning Angels-span van JacarandaFM en die verhoogpersoonlikheid Nataniël gedeel. Nataniël het ook vir die rugby-entoesias ʼn weelderige koek na die ateljee gebring.

Talle weldoeners van oor die land het ná sy verskyning op die program die familie bygestaan.

Pieter-Rian se ma, Anne-Rita, is veral in rou gedompel omdat haar man (Pieter-Rian se pa) einde 2015 aan ʼn aneurisme oorlede is.

Meer besonderhede oor hoe om Anne-Rita by te staan, is op JacarandaFM se webwerf beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Net Ek ·

Rus sag ou groot seu, sien jou nou nog in my geestis oog met redenaars op laerskool Rynfield se verhoog..

snoefie ·

rus in vrede seun en baie sterkte aan sy mamma en geliefdes

Sterkte ·

Sterkte Arien, moeder en fam. ek is ook daardeur en dit is nie maklik. Nog die broodwinner ook!! EK BID VIR JULLE VIR VERTROOSTING.

Linda ·

Presies ons storie, ons seun het ook 10jr gelede na sy 16de verjaarsdag die stryd verloor met wat as been kanker begin het terwyl hy rugby gespeel het. Ons dink aan die ouers, dis die ergste ooit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.