16-jarige sterf ná sy van kwadfiets af val

Argieffoto (Foto: dimitrisvetsikas1969, Pixabay)

ʼn 16-jarige meisie is Saterdag in Nelspruit dood nadat sy van ʼn kwadfiets afgeval het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is net ná 10:00 na Uitkykweg in Nelspruit ontbied. “Die meisie was ʼn passasier op ʼn kwadfiets en hulle het by ʼn heuwel af gery toe die bestuurder beheer verloor het oor die kwadfiets en hulle omgeslaan het,” het hy verduidelik.

Die meisie het ʼn groot klip getref toe sy van die fiets af geslinger is. “Paramedici het tevergeefs probeer om haar by te bring. Sy is op die toneel dood verklaar.”

Botha het gesê paramedici van Netcare 911 en sy bestuur betuig sy meegevoel met die familie en vriende in hierdie moeilike tyd.

Polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ig ·

Baie baie hartseer.Kwadfietse was die oorsaak van menigde hartseer .

Hannes Myburgh ·

En so ook voertuie. Daar staan duidelik oo quads nie meer as een persoon mag op n slag ry nie. Die rede ia dat die voorwiele effens oplig agv die gewig en daarom word beheer belemmer. Ook helmets moet gedra word.

Johann ·

Hannes, die rowwe terrein motorfietse (tweewiel en vierwiel) is ook nie gelisensieer nie, en mag dus nie op openbare paaie ry nie. Dit is nie ‘n probleem as die fiets alleen in ‘n ongeluk skade opdoen en daar is nie ‘n ander party betrokke nie, dit nou wat versekering aan betref, maar dit het nie derdeparty dekking nie, dus as die motorfiets, waarvan hordes hier by ons op die openbare paaie te sien is, op pad na die veld, die oorsaak van ‘n ongeluk op die openbare pad is, en daar is ‘n derdeparty betrokke, dan is die derdeparty se skade aan daardie eiendom, besering aan die persoon, of verlies aan lewe, vir die eienaar van die rowwe terrein motorfiets se rekening, as hy die skuldige in die ongeluk is.

mense mense ·

rêgtig!!! wat van dink aan die familie!! of sy nou ‘n helmet aangehad het of nie, haar lewe is kort geknip en haar familie gaan vir die res van hulle lewe daardie leemte van haar hê! in so geval vra mens nie vrae , mens simpatiseer!!!! mens bid vir die familie

Jaco ·

Uhm mens moet vra of sy n helm gedra het anders was sy en bestuurder nalaatig. Kommin sense…..

MissDemeanor ·

Ag mensemense. Ja dit is tragies. Maar soms kan tragedies voorkom word as mense die regte voorsorg maatreels tref. Ek sal nooit op n boot klim sonder n veligheidsbaadjie nie, sal noot rotsklim sonder my helmet nie, dra altyd veiligheidsgordel in ‘n kar. Ja die meisie is tragies dood. Sou n helmet haar kon beskerm? Indien “ja” dan moet ons daaroor praat.

Caren ·

Mense..Kbikes is nie n speelding nie..ouers moet begin besef..voor my huis jaag kinders wat onder in die straat bly elke naweek op en af …9 jaar oud sonder helmet..en dan pa met kleintjie van 3 jaar almal sonder helmet….dit is nie n speelding nie….

Elsabe ·

Ai dit is so tragies. So jong! Geen woorde kan so familie troos nie. Ons moet almal bod vir die familie. Net God kan berusting bring vir daardie familie. Sy was nog die enigste kind ook.

petro ·

Dit lyk maar vir my na n gevaarlike speelding my innige simpatie aan die familie

Elize ·

Hoe troos mens iemand wat ‘n kind verloor het?
Motorfietse kwadfietse ewe gevaarlik, mens kan nie genoeg waarsku nie.

Bekkie ·

So sorry for the family.. may she Rest In Peace !!
The people are so irresponsible on this road…

I hope they will stop riding like animals on this road and start being responsible she did not deserve to been take away so early…

Gerrit ·

Die 20ste Mei 2017 was sy 15 jaar oud. Wat hier geskryf is is nie alles waar nie.

Scalla ·

Jammer, tragiese ongeluk, verkeerde tyd, verkeerde plek, as die voertuig reg gebruik word is dit n wenner, vliegtuie val ook.

Lanie ·

Daar was al gevalle waar mense aan kop beserings beswyk het al het hulle n helmet aangehad. Moenie klippe gooi nie. Daai ouers se lewe het om daai dogter gedraai en daar is baie hoekoms en ‘as maar net’ wat deur hulle koppe gaan en dis geen mens se plek om te kritiseer nie. Die Here weet wanneer hy sy kind wil kom haal en die wat agter bly dra daai leemte. Respekteer die ouers en familie in die moeilike tyd.

MissDemeanor ·

Nee Lanie. Dit is presies die verkeerde houding. Mense se altyd “jou tyd is jou tyd” en sulke nonsens. Maar ons is veronderstel om verantwoordelikheid te vat vir ons dade en die gevolge wat dot dra. Net soos wat n moordenaar nie kan verweer dat sy slagoffer se “tyd sy tyd” was nie. So kan ‘n ouer ook wat gefaal het om sy kind se veiligheidsgordel aan te sit ook nie se “sy tyd was sy tyd ” nie. Soms kom haal die Here mens as mens nie genoeg voorsorg getref het om lewend te bly nie.

nhk ·

Ons was almal kinders gewees en almal was maar waaghalsig. Ek was ook een. Innige simpatie aan die ouers.

Absoluut ·

Absoluut netso, ek weet van gevalle waar alle reels gehoorsaam was, as dit moet gebeur, gebeur dit. Derduisende voor haar het niks oorgekom nie, so wil ek ook vir almal sê, ja ek hoor van gevaar, maar as jy n besige straat regte tyd regte plek oorsteek, kan dit ook jou laaste tree op aarde wees. Ons pad, doel en lewe is reeds uitgelê! Kom ons bid eerder vir hierdie ouers, hul sit met diepe hartseer en n groot leë kol.

VanAfrika ·

Mense mense, dis menslik en natuurlik om te vra wat van n helmet. Niks verkeerd daarmee nie. Jy as ouer is baie agterlosig as jy toelaat dat jou kind op enige gevaarlike tuig klim sonder bekerming. Jy moet n ongeluk nog sien gebeur voor hy gebeur. Jy moet neuroties verby wees wanneer dit by jou kinders kom. My seuns is al groot en bestuur hul eie motors en hulle kry elke dag n preek, “bly weg van trokke en taxis, ry veilige afstand, moenie jaag nie, moenie by verkeerligte en stop strate stop as dit afgelee of donker is nie, ek se altyd vir hulle maak seker dis veilig om deur n rooi lig te ry, maar jy stop nie as dit onveilig is nie, al betaal ek honderde boete kaartjies, net ingeval vir n hijacking, my kinders se veiligheid kom eerste, moenie vreemdelinge optel nie, moenie drink en bestuur” Hulle se net “ja ma ons ken al die preek” maar hulle hoor hom elke keer as hulle in hulle karre klim.

Lee ·

Sterkte aan die familie in hierdie verskriklike moeilike tyd. Rus Sag meisiekind xx

Piet Pompies ·

Berig gewing oor sake wat mense persoonlik raak is gewoonlik emosioneel van aard, veral as dit ‘n ongeluk was en iemand het gesterf. Aan die ander kant kan die berig ander mense tot beter insigte bring deur voorkomend op te tree. Ek glo nie een van die kommentaar bo het die sterfte goedgekeur en wil bloot deur hul kommentaar weer so iets voorkom.
Ons 4 seuns het van dag een geleer, veiligheid eerste, as jy nie ‘n helmet het nie, dan ry jy nie, as jy nie bootse het tot bokant die enkel dan ry jy nie, as daar sitplek vir een is, dan ry een op die bike/4 wheeler.
Sterkte aan die ouers en vriende, koester haar nagedagtes…

Henrico ·

In die Kalahari het twee buurmanne op n blinde hoogte so in mekaar gejaag….al twee op slag dood…….dit is lekker met wind deur die hare,maar o wee……..so onverskillig en n mens moet maar eers voel voordat hy wil hoor

Henrico ·

In die Kalahari het twee buurmanne op n blinde hoogte so in mekaar gejaag….al twee op slag dood…….dit is lekker met wind deur die hare,maar o wee……..so onverskillig en n mens moet maar eers voel voordat hy wil hoor……dit is die eerste keer wat ek kommentaar lewer

Rachelle Kruger ·

sterkte aan familie en vriende weet dat syu in God se veilige hande is.
n mens, tiener, kind ALMAL maak voute en Niemand kan se hul was nog nooit ontverantwoordelik nie , en kinders volg nie altyd ouer reels nie. Alles wat gebeur is met n doel van bo.
mens kan net hoop en vertrou dat “more” weer sy verkyning maak en dan dankbaar wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.