16-jarige tweeling sterf in halssnoermoorde

Argieffoto

Argieffoto

Drie jong mans is vandeesweek in Etwatwa, naby Benoni in Gauteng, vermoor.

Die 16-jarige tweeling, Sabelo en Samkelo Maisela, is deur ʼn groot groep mense aangeval, ontvoer en na ʼn oop stuk veld geneem waar hulle vermoor is. Die broers is baie erg aangerand en later aan die brand gesteek.

Die naam van die derde jong man nog nie bekend gemaak nie.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie is tussen Sondag en Maandag dood. Volgens hom is dit nog nie duidelik of hulle bendelede was nie.

“Die polisie in die gebied is in gesprek met lede van die gemeenskap wat bendelede daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik is vir misdaad in die gebied,” het Dlamini verduidelik. “Lede van die gemeenskap het Saterdag die polisie vertel van ʼn groep mans wat onder ʼn brug skuil. Die polisie het reageer en gevaarlike wapens gekonfiskeer.”

– Sowetan

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerhardt ·

Die ANC en Winnie moet alle “eer” vat vir die walglike metode. As hulle ISIS was het Amerika sekerlik hulle aangevat maar die ANC dink hulle is heilig. Mag God al die kaders straf, ek bestraf hulle! Hulle het dalk weggekom in die 90’s maar ons onthou en hulle sal betaal eendag!

Elna Kupke ·

Terwyl ANC in bewind is sal die doodstraf nie teruggebring word nie, want dan sal helfte van die SAPD en REGERING dalk eerste in die ry staan !!!

AmY ·

Dis darem verskriklik wreed. En 16 is nog kind. Maar hulle het geen gevoel vir niemand nie.

Nes destyds met die onopgeloste moord op klein Stompie (kan nie nou sy van onthou nie).

Maar die ewige poel vuur wag vir hulle. Hulle is wreed en gevoelloos.

Ek is verstom oor die dade wat hulle pleeg. Halsnoermoorde, kinder /babaverkragting ens.

Ek huil vir ons eens pragtige land “wat op ‘n skinkbord” aan die ANC gegee is.

Hulle moes net aangegaan het waar ons opgehou het, maar nee, dit het nie gebeur nie.

Dis hartseer dat kinders (nes destyds op die grens) moes sterf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.