16-jarige vas oor stiefpa se moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 16-jarige seun het Maandag vlugtig in die Bultfontein-landdroshof in die Vrystaat verskyn nadat hy glo sy stiefpa uit selfverdediging vermoor het.

“Die tiener het Sondagoggend omstreeks 06:00 nog by hul huis op Moribo-plaas by Soutpan lê en slaap toe sy ma en stiefpa teruggekeer het ná ʼn aandjie uit,” het konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, in ‘n verklaring gesê. “Die ma en stiefpa het eers begin stry oor kos voordat hulle handgemeen geraak het.”

Die tiener het gaan ondersoek instel en hy het ʼn mes gegryp en die man een keer in sy arm gesteek. “Die bure het ook kom ondersoek instel en die bakleiery stopgesit,” het Kareli bygevoeg. “Die Soutpan-polisie is na die toneel ontbied, maar die 35-jarige man het te veel bloed verloor en is op die toneel dood verklaar.”

Die seun se saak is uitgestel vir verdere ondersoek en sodat hy ʼn regsverteenwoordiger kan bekom. Hy is in die sorg van sy ma vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Netta ·

Baie sleg dat ‘n ma se keuse in ‘n man haar kind in ‘n situasie plaas waar hy voel hy moes haar verdedig.

SNEL ·

Mag hy vry loop van die ding af. Hy is onskuldig. Voel jammer vir hom vir wat hy nou moet deurmaak en omdat hy onnodig in so n situasie geplaas was. Hoop hy kry baie ondersteuning en hulp.

CAZ ·

Charl as jy nie daar was Kan jy nie se dis moord, dis hartseer dat ouers hulle kinders se lewens vervoes met hulle keuses. My gebede is met die seun en sy familie.

pop ·

Charl en watter kanaal moet hy van gebruik maak in die middel van die nag. Hys n kind !!!!!!En ek haal my hoed af vir hom wat seker net sy ma wou beskerm. Sy moet gaan nadink oor haar lewe.

Dave ·

Ek verbaas my dat julle die ‘Charl’ ou enigsins ‘n antwoord waardig ag. Hy behoort bloot geignoreer te word.

Dave ·

Ek verbaas my dat julle die ‘Charl’ ou enigsins ‘n antwoord waardig ag. Hy behoort bloot geignoreer te word.

Dave ·

Skuus vir die herhaling Maroela, maar jul sisteem is somtyds nie baie duidelik.

CR ·

Charl…. DInk jy regtig di epolisie sou help in daai geval? Hulle kyk jou op en af en is te bang vir die papierwerk

Drieks ·

Ek weet nou van 16 jarige wat na 8 jaar saam met stiefpa nou sy stiefpa wil dood maak. Die woede in hierdie seun kook oor en sy ma word ook rond geruk. Ons bly hom sé hy moet dit nie doen nie.

Caren ·

Sommige vroumense dink mos hulle het nie ‘n lewe as daar nie ‘n man in is nie……kan nie glodat daar mans en vrouens daar buite is wat die tweede man of vrou bo hulle eie bloed stel nie…….swak

Frans ·

Charl jy het duidelik nog nooit in jou lewe huis geweld gesien of beleef nie. Ek haal my hoed af vir die kind. Ek sou dalk nog meer opgetree het as ek in sy posisie was! Jy volg nie “ander kanale” in die ingewing van die oomblik as iemand (net soos bv jou ma of so) in so situasie is nie…

Otto Skorzeny ·

Hierdie is nie moord nie. Die seun kon nie voorsien die man sou sterf deur hom een keer in die arm te steek nie. As hy hom in die kop/bolyf gesteek het is dit ‘n ander storie. Hierdie is aanranding met die opset om ernstig te beseer of op die heel ergste, strafbare manslag. Die seun sal nie tronk toe gaan gegewe die agtergrond soos hierbo berig word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.