16-jarige vas wat met pa se kar jaag

Foto: Gautengse verkeerspolisie, Twitter

ʼn 16-jarige is Dinsdag in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy teen 168 km/h in ʼn 60 km/h-sone met sy pa se Volkswagen GTI gery het.

Ofentse Morwane, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê die Gautengse verkeerspolisie het die seun tydens ʼn roetine veiligheidsoperasie in hegtenis geneem. “Hy het teen 168 km/h in ʼn 60 km/h-sone gery op die R55 naby Laudium in Pretoria. Die voorlopige ondersoek dui daarop dat hy sonder toestemming met sy pa se Volkswagen GTI gery het.”

Beamptes het die motor opgemerk wat teen ʼn hoë snelheid beweeg het en hul blou ligte en sirene aangeskakel in ʼn poging om die motoris voor te keer. “Die bestuurder van die motor het probeer wegjaag, maar het ʼn padversperring by ʼn konstruksiegebied getref.”

Morwane het gesê die seun is by Erasmia-polisiestasie aangehou en sy pa is ontbied. “Hy is daarna vrygelaat op borgtog van R1 500 en in die sorg van sy pa geplaas.”

Die seun staan tereg op aanklag van roekelose of nalatige bestuur, verontagsaming van die spoedbeperking, bestuur sonder ʼn geldige rybewys en dwarsboming van die gereg. Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

AW ·

Niks sal gebeur met daardie “kind” niê.
Moontlik n “ADR” ! En sy Lewe sal voortgaan.

Jannie ·

Die roekelose waaghalsigheid van ‘n seunskind!! Nie die ergste insident wat daagliks ons nuusblaaie haal nie!!

WiyBlits ·

Gelukkig het hy nie die padversperring teen 168km/h getref nie!

Mrs.B ·

Sy agter stewe kort warm maak. Dit kon soveel erger gewees het.

Louise ·

Dankie tog vir drie dogters. Dis net seunskinders wat sulke goed aanvang

HP ·

Een van die dae kuier daar ‘n seun by jou dogters ….. een vir een…..met pappa se kar….. (smile)

Rikus ·

Om swanger te raak is erger as om met jou pa se tjor te jaag.

TP ·

@Louise, dis nie net seuns wat sulke goed doen nie. Ek was ook so toe ek ‘n jong dogter was (sal liewer nie se hoe oud ek was nie) :)

Nee jy is verkeerd ·

Jy maak ‘n fout. My dogter nou 42 het so paar jaar terug vertel hoe sy ons Mini (nog die ou modelle) een dag na skool gevat het vir ‘n “spin”. Kom ons wees eerlik bitter min kinders het dit nog nie probeer nie al was dit net om die blok. My kleinseun, was op daardie stadium in Std 7, kom so ewe in vra my karsleutel en se hy gaan gou bietjie ry, ek dog ag nee wat hy het kom vra. Sit lekker en kuier en heelwat later kom hy en die vriend in en se dankie. Nogsteeds dink ek hul maak ‘n grap. Totdat die vriend die video kom wys terwyl hul in ‘n veiligheids kompleks rustig rondry. Nee wat hierdie ouma was nie kwaad nie net geskok en dankbaar niks ernstig het gebeur nie. Natuurlik het ek hul berispe soos dit hoort.

Kotie ·

Eina arme ouers. Ons almal was jonk en stout. Hoop hulle kan dit uitsorteer!! Gelukkig het hulle nie dagga by hom gekry???

Andre ·

Ek sien komentaar wat dit verdedig. Kom ons se ‘n geliefde was in die ongeluk in plek van die versperring… Steeds net stout? 168 in ‘n 60 zone is stupid op enige ouderdom en selfs meer so as jy 16 is sonder ‘n lesensie. Hul hoort hom aan te kla vir minagting van die gereg ook sommer!

Phillip ·

Lyfstarf mag mos nie meer gegee word nie mag ook nie skree op hulle nie . So mooi so my seun jy moet nie weer in die kar klim sonder my toe steming nie kyk wat het nou gebuuer jys n stouter

Leser ·

‘n Kind bly maar ‘n kind. Gelukkig het hy nie self verongeluk of iemand anders beseer nie. Die kar het nou groot skade. Ek dink tog ‘n pakslae geld hier. Dit was ‘n baie onverantwoordelike ding om te doen.

Lauren ·

Ek dink nie ek kon eers bestuur toe ek 16 jaar oud was nie! Ek sal nie sê die kind het juis respek en dissipline in sy lewe nie. Ek het my ouers te veel gerespekteer om hulle deur so iets te sit, en ek het geweet as ek so iets moes aanvang, dat ek gewens het ek wou liewer in die tronk sit.

Anni ·

Daai mannetjie kan op sy twee kniee gaan en dankie se hy is nie my kind nie. Ek belowe hom, sy agterstewe sou slegter gelyk het as daardie kar se neus as ek met hom klaar was. Mens kan stout wees en bietjie aanjaag, dis seuns, maar jy raak nie roekeloos en onverskillig nie.

Pikkewyn ·

Laat my dink aan die fliek van die 80’s “Ferris Bueller’s Day Off” …miskien dit op Netflix gekyk en dieselfde idee gekry….hahaha

Cherokee ·

Ek wonder hoe gaan die versekering so ‘n eis hanteer. Bestuurder sonder bestuurslisensie, pa wat nie ‘n diefstalsaak aanhangig maak (?). Miskien sal die eis afgekeur word. Diskressie mag ‘n rol speel maar daar is riglyne om te volg.

Magda ·

Ja nee kinders bly maar kinders maar as die kind dalk iets oorgekom het (of iemand anders dalk) was dit nou ‘n ander storie.
Die feit dat hy 16 is beteken niks – die mense maak in SA so ‘n bohaai maar oorsee kry jy al ‘n bestuurlisensie op 16…

Lizzy ·

Ek is dankbaar dat die kind nie enigiets oorgekom het behalwe vir die moontlike pakslae wat hy dalk agter ‘n toe deur gekry het nie. Die meerderheid van ons het maar “groen koring” op die land jong… Ons kan maar net vir ons kinders vertel van die stories en hoop hulle word iets wys daardeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.