16 kinders oorleef “wonderbaarlik” toe bakkie rol

ambulansAltesaam 16 kinders en twee volwassenes is beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het Sondag op die R74-pad in Stanger, KwaZulu-Natal, verskeie kere teen ʼn steilte af gerol het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 12:45 plaasgevind.

“Die kinders is tussen ses en 16 jaar oud. Hulle was op pad na ʼn sokkerwedstryd in Stanger toe die bakkie van die pad af gedwaal het en teen ʼn steil helling afgerol het.”

Volgens Botha is die kinders, wat agterop die oop bakkie gesit het, vanuit die voertuig geslinger terwyl dit gerol het.

Die volwassenes, waaronder die bestuurder, het ernstige beserings opgedoen. “Die 16 kinders het wonderbaarlik slegs geringe beserings opgedoen. Almal is op die toneel gestabiliseer en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling en waarneming.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Danielle ·

Ek staan verstom, of dalk nie, 16 kinders agter op ‘n bakkie, waar is die wetstoepassers? Kla die bestuurder aan.

martie oosthuizen ·

Verduidelik vir my hoe dwaal n bakkie van die pad af?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.