16 met ʼn soettand slaan op winkel toe

Argieffoto

Die Gautengse polisie is op die spoor van 16 verdagtes wat vandeesweek slagoffers tydens ’n gewapende sakeroof in Boksburg aangesê het om twee vragmotors vol bokse sjokolade te laai voordat hulle met dié vrag sjokolade op die vlug geslaan het.

Kapt. Mavelo Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê die groep verdagtes het Woensdagaand omstreeks 21:30 op ’n winkel in Jetpark toegeslaan.

Die verdagtes het vuurwapens op die personeel en sekuriteitswagte van die geteikende winkel gerig waarna die slagoffers aangesê is om bokse sjokolade in die twee vragmotors, waarin die verdagtes opgedaag het, te laai.

Die slagoffers het die opdrag uitgevoer waarna die verdagtes hul selfone afgeneem en op die vlug geslaan het. Niemand is in die voorval beseer nie.

Volgens Masondo is die waarde van die gesteelde sjokolade in dié stadium nog nie bekend nie.

Die polisie ondersoek tans ’n saak van sakeroof en het reeds ’n ondersoek van stapel gestuur om te bepaal of gevalle met dieselfde modus operandi onlangs aangemeld is.

Masondo het ’n beroep op die publiek gedoen om enige inligting rakende die voorval by ’n polisiestasie of die Misdaadstopnommer by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Netso

Dis dieselfde berig as die een waar die wit vrou wat verbind word met die Pretoria Veearts moord die ? Ek glo haar doppie is reeds geklink!

Spook op thaba

Dit n anderste roof. Vergewe my, maar ek kon nie help om te lag. Hoop die soettandbende gaan nou soet bly

Annie2

Dit is dalk nie suiwer sjokolade nie.

George in Bloem

Erens mis iemand dalk ‘n chocolate fountain of ses?

Chris

Pasop hulle wil die Chocolate dokter en vir mense verniet uitdeel dat die mense dit moet eet,
dit het gebeur hier in Lichtenburg.