Die departement van korrektiewe dienste en die polisie het ’n grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat 16 gevangenes uit ’n Johannesburgse korrektiewe sentrum ontsnap het.
Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê ’n voorlopige ondersoek na die voorval het bevind dat die gevangenes Maandag omstreeks 3:00 ontsnap het.
“Hulle het deur ’n pyptonnel ontsnap en ’n voorwerp gebruik om die muur te breek voordat hulle na die heining beweeg het. ’n Strafregtelike saak is by die polisie aanhangig gemaak.”
Volgens Nxumalo sal die departement later ’n verklaring uitreik met die name en foto’s van die gevangenes wat ontsnap het. “Die departement doen ’n beroep op lede van die publiek wat inligting het oor die voorval om die departement by te staan sodat die gevangenes weer in hegtenis geneem kan word.”
Die verhoorafwagtende gevangenes het uit die Johannesburg-Medium A-tronk ontsnap. Geen verdere besonderhede is in die stadium bekend nie.
Die bewaarders moet nie die “polisie se laksheid aanneem nie
Dit word nou net so algemeen soos die weervoorspelling elke dag. Iewers is daar fout en raai waar?
net laksheid kan dooraan toegeskryf word. Did dan mos slaaptyd vir die wagte ipv inspeksie
Dit sal help as hulle dadelik foto’s van die ontsnaptes orals plaas
Ja, hier gaan ons alweer.
Hierdie tipe van ontsnappings plaas die publiek tot blootstelling waar hul met verdere misdaad getreiter word asook kan lewens gevaarlike gevolge teweeg bring. Misdadigers wat ontsnap het niks om te verloor en is alreeds gevonnis, daarom sal hul nie skroom om op te tree om hul doelwitte te bereik nie en die buit van vuurwapens kan groot skade aanrig. Hoop die 16 ontsnaptes word spoedig vasgetrek.
Gaan weer gebeur …die mense is SO useless !
Die bewaarders is kop in een mus met die kriminele en as hulle nie wegkyk nie, slaap hulle aan diens.
Klink vir my soos “Prison Break”, maar te veel is gelyk uit so tien teen een,sal die helfte weer gevang word ;)