Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 16 immigrante is van Mosambiek en Zimbabwe en het tussen Dinsdagaand en Woensdagoggend ontsnap deur ʼn gat in die dak te sny.
Volgens Ngubane is dit nog nie duidelik waarmee die gat gemaak is nie. “Hulle was glo op pad om uitgelewer te word toe die voorval plaasgevind het.”
Ngubane het gesê niemand is nog teen Woensdagmiddag in hegtenis geneem nie. “’n Interne ondersoek is van stapel gestuur en ernstige stappe sal geneem word indien daar bevind word dat van die polisiebeamptes by die stasie nalatig opgetree het,” het Ngubane gesê.
Dis nou nice dis nou sommer flippen nice! Natuurlik was hulle nalatig..16 mense verdwyn nie net sommer so nie…
Welgedaan Jan de Rower.Die liegstories is al lankal te algemeen om te glo. Om n gat in die dak te sny maak darem te veel geraas om nie mense wat op wag is se aandag te trek nie. Of slaap die tronkbewaarders deesdae?
Welgedaan Jan de Rower. Die tipe liegstories is darem te algemeen om te glo. Om n gat in die dak te sny maak te veel geraas om nie mense wat op wag is se aandag te trek nie. Of slaap die tronkbewaarders deesdae snags. n Baie lekker werk.
Wonder hoeveel die 16 gatkruipers betaal hjet.
Julle SAPD personeel moet net wakker geklap word. Doen vir ‘n slag julle werk soos dit veronderstel is om gedoen te word. Hoe de hel kry 16 dit reg om te ontsnap? Alles word altyd ondersoek en en en en en en en. Die feit bly staan julle doen nie julle werk nie!!
Ek geniet Maroela Media baie en vind die taaltoffies baie interesant, Ek dink Maroela moet eerder in ‘n berig soos “16 onwettige immigrante uit die Rustenburg-polisiestasie ontsnap ” die woord ontsnap met ontvlug vervang. Soos my Swaer wat in die gevangenesdiens gewerk het altyd se, “‘n poep ontsnap ‘n gevangene ontvlug”
Sestien stemme , sestien klipgooiers , jy kan hulle mos nou nie inhou nie .