16 vas ná groep op pendelaars losbrand

Argieffoto

Altesaam 16 mense is in hegtenis geneem nadat ʼn gewapende groep mans Vrydag by ʼn taxi-staanplek in Durban lukraak op pendelaars losgebrand het.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Vrydag omstreeks 17:00 by die taxi-staanplek in Brookstraat gebeur. Volgens Mbhele het ʼn Toyota Quantum-bussie by die staanplek stilgehou, ʼn groep swaargewapende mans het uitgespring en talle skote afgevuur voordat hulle weer op die vlug geslaan het.

“Drie mense is ernstig beseer en na ʼn hospitaal gehaas. Een van hulle het later in die hospitaal gesterf,” het Mbhele gesê.

Die verdagtes het in die rigting van Pinetown gevlug en ʼn polisiebeampte van die Pinetown-taakspan het die voertuig in New Germany opgemerk en agternagesit. “Die verdagtes het op die beampte losgebrand en hy het teruggeskiet. Niemand is in dié skietgeveg gewond nie. Die verdagtes het naderhand stilgehou, uit hul voertuig gespring en in ʼn gebou in Pinetown ingehardloop,” het Mbhele verduidelik.

Polisieversterking was gou op die toneel en 16 verdagtes is in hegtenis geneem. Daar is ook op 17 vuurwapens beslag gelê: nege gewere, ʼn haelgeweer en sewe pistole.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord en onwettige besit van vuurwapens. Mbhele het gesê die vuurwapens waarop daar beslag gelê is, sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in die uitvoer van enige ander misdade gebruik is.

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die polisie geloof vir hul vinnige optrede om die verdagtes vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hansmy.teeiskoud ·

Shame, arme verdagtes! Foeitog…hoop nie die landdros stel die borg bedrag te hoog nie!

Liberaal ·

Liberale kode dikteer die onmiddelike vrylating en beskerming van die wat geskiet het.

marous ·

“Suid Afrika het ‘n wonderlike storie om te vertel me may ….” R1200 biljoen vir skuilings teen kriminele wat alles oorheers asseblief

H.A. ·

Die land word getreiter deur terroriste ! Is die regering blind en doof ? Of is dit maar deel van sy planne om die alle mense sag te maak ?. MAAK DIE STRAFWET SWAARDER. GEE DAARDIE TIPE PERSONE DAN 40 JAAR TRONK STRAF !

Buitestander ·

Hou so aan dalk is daar nie meer kiesers oor volgende jaar om te stem nie.
Hoeveel sterf in ongeluke, Terorusme moord nie.
ANC/ EFF sal vinnig plan moet maak om hul kiesers getalle moet op te skuif.

Oom Kalahari ·

Vuurwapens wat in plaasaanvalle geroof word. Die mewrderheid van al die kriminele aktiwiteite is ondersteunings groepe van die EFF. Mense se lewens word daagliks geneem en al waaroor Mnr CR bekommerd is gaan oor grond onteiening sonder vergoeding en om buitelandse finansieele steun te kan kry sodat hul hulself verder kan verryk en lekker lewe. Hy is glad nie beter as sy voorganger met sy padda pot wat moet kook nie. Misdaad, lieg en bedrieg het die land se algehele sport geword.

Vra Maar Net ·

MM Is hierdie nie ou nuus wat die naweek al deur ander nuus stasis bekend gemaak was nie die gebou in Pinetown waar die verdagtes ingehardloop het was a sekurtteis firma in Pinetown daar was ook fotos geplaas vand die gebou , vra maar net

LB S ·

Mooi so SAPS, ek het nou drie artikels gelees waar julle puik werk gedoen het. Baie dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.