16 vas na sakeroof gefnuik word

Foto: SAPD

Altesaam 16 verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle glo beplan het om ʼn vragdepot in Jet Park, Boksburg, te beroof.

Volgens brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, was lede van verskeie Gautengse polisie-eenhede en privaat veiligheidsmaatskappye Dinsdagaand deel van ʼn intelligensie-gedrewe operasie waartydens die beplande rooftog gefnuik is.

“Die multidissiplinêre span was gereed toe hulle die verdagtes se voertuie gewaar het en ʼn skietgeveg het tussen die lede en die verdagtes uitgebreek.”

Die 16 verdagtes is in hegtenis geneem en daar is op agt onwettige vuurwapens beslag gelê. “Daar is ook op twee voertuie, ʼn Iveco-paneelwa en ʼn VW Caddy, beslag gelê. Dit is albei gesteelde voertuie met vals nommerplate.”

Peters het gesê ondersoek sal ingestel word om te bepaal of die verdagtes moontlik aan ander misdade verbind kan word en of die vuurwapens in die uitvoer van ander misdade gebruik is.

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jakes ·

Welgedaan polisie. Net weer n bewys hoe vrot die samelewing in SA geword het.

Sonia ·

Is daar ‘n land met meer misdaad as SA? Onder die ANC regering het ons land ongekende vlakke van agteruitgang op so baie terreine beleef en beleef ons dit steeds elke dag. Ek sê ook welgedaan vir die vastrek van hierdie kriminele.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.