16 vas vir moord op bejaarde

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Limpopo het 16 mense in hegtenis geneem in verband met die wrede moord op ʼn 86-jarige man in Rotterdam.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê 15 vroue en een man is deur ʼn spesiale taakspan in hegtenis geneem in verband met die moord op Hlongolwane Jack Mkanza. Hy is Woensdag met klippe bestook voor daar ʼn buiteband om sy nek geplaas en aan die brand gesteek is. Die verdagtes het van die toneel gevlug. Mkanza is daarvan beskuldig dat hy Mamaila Maluleke (79) verkrag en vermoor het. Haar liggaam is Dinsdag in ʼn veld gevind. Die verdagtes, tussen 18 en 45 jaar oud, sal Maandag in die Tiyani-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Benny Ntlemeza, waarnemende polisiehoof in Limpopo, het die taakspan geloof vir die arrestasies. Hy sê die polisie sal nie wetteloosheid en diegene wat reg in eie hande neem duld nie. “Ons doen ʼn beroep op mense om sake by die polisie aan te meld en nie self verdagtes te vervolg nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.