16 vas vir onwettige jag van springbokke

Van die honde wat glo gebruik is om die springbokke te jag. (Foto: SAPD)

Altesaam sestien verdagtes is oor die naweek op aanklagte van onwettige jag in hegtenis geneem nadat hulle in besit van verskeie springbokkarkasse op ’n plaas in die omgewing van Hofmeyr in die Oos-Kaap betrap is.

Kapt. Lariane Jonker, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê die verdagtes, almal tussen die ouderdomme van 23 en 48 jaar, is Sondag op die plaas Gruisheuwel in hegtenis geneem. Die verdagtes was ten tyde van die inhegtenisneming in besit van 12 springbokkarkasse.

Volgens Jonker het die verdagtes na bewering van honde en messe gebruik gemaak om die springbokke te jag. Hulle is deur ’n amptenaar van die provinsiale departement van omgewingsake in Grahamstad in hegtenis geneem.

Daar is ook op 32 honde beslag gelê. Die honde is sedertdien in die sorg van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Grahamstad geplaas, het Jonker gesê.

Die verdagtes sal na bewering Dinsdag in die landdroshof in Hofmeyr verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hennie ·

Lekker man, lekker… Gee die SAPS fondse aan die DBV om te help met 30 honde wat net eenvoudig op hulle stoep “gedump” is?

Kanjynoumeer ·

Onwettige jag met honde en skietligte raak n al groter probleem op plase.
Yl verspreiding van mense en onbetrokkenheid van polisie vererger die situasie.

Andre ·

Dalk moet hulle in hierdie geval by die jagters begin en nie by die honde nie.

Eclectus ·

Vriende het so ‘n hond aangeneem, baie mak en aangenaam en vol letsels weens onderonsies met wild. Hierdie honde is ondervoed en word ‘n week voor die jag uitgehonger. Met die regte aandag en voeding kan hulle gerehabiliteer word, anders as sommige mense.

Oujongvrou ·

Ek stem saam. Honde kan nie help waar hulle grootword en hoe hulle behandel word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.