16 vas vir onwettige mynbedrywighede

Van die toerusting waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

Altesaam 16 verdagtes is Donderdag buite Burgersfort in Limpopo vir onwettige mynbedrywighede in hegtenis geneem en daar is op toerusting en items ter waarde van R10 miljoen beslag gelê.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê lede van die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid en die taktiese reaksiespan het op onwettige mynbedrywighede in die Driekop-polisiëringsgebied toegeslaan nadat hulle ʼn wenk ontvang het oor ʼn groep verdagtes wat glo chroom in die omgewing myn.

Die owerhede het gedurende die klopjag op drie graafmasjiene, ʼn Nissan-bakkie, sewe grawe en vyf hamers beslag gelê.

Mojapelo sê die verdagtes, almal tussen 19 en 51 jaar oud, sal binnekort in die Praktiseer-landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
koos10

Hierdie is nie Zamas Zamas nie!!