16 vas wat glo spoorstawe steel

Vermoedelik gesteelde spoorstawe is op verskeie vragmotors aangetref. (Foto: Verskaf)

Altesaam 16 verdagtes is Maandag op Middelburg in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat hulle glo met noodsaaklike infrastruktuur in hul besit betrap is.

Die Valke het na bewering inligting ontvang dat mans onder meer spoorstawe in Dullstroom gebuit het en op pad Middelburg toe is.

Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het die ondersoekspan saam met ʼn ondersoeker van Transnet vier vragmotors by Mashcor-skrootmetaalhandelaars op dié dorp aangetref. ʼn Vyfde vragmotor wat vol gelaai is met transformators en palissades is ook gevind.

“Die spoorstawe is glo by ʼn spoorlyn wat nie meer gebruik word nie, gesteel terwyl die transformators en palissades van ʼn werkende substasie gesteel is,” het Sekgotodi gesê.

Altesaam 16 verdagtes, waarvan 14 buitelanders, is in hegtenis geneem en aangekla vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere, diefstal en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur.

“Die eienaar van die skrootmetaalhandelaar is ook opgespoor en in hegtenis geneem.”

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Middelburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis oor die grense oop is vir enige krans atlete en kyk wat kom maak hulle hier!

Etienne ·

14 Buitelanders? Daarom sal SA NIE die mas opkom nie….hekke is mos oop vir almal

Keith ·

Is daar nog spoorlyne of treindienste in die OosTransvaal ?

Menan ·

So bly hulle het ook die skrootmetaalhandelaar gevang! Hulle het die grootste skuld aan hierdie diefstalle (asook koperkabels) want as hulle dit NIE koop nie, dan het die skems nie ‘n afsetgebied nie en so kan mens dit mos stopsit.

Di ·

Lankal gese hulle moet ontslae raak van al die buitelanders – SA kan skaars sorg vir hulle eie mense. Meeste is in elk geval onwettig in die land, besig met kriminele dade. Daar is mos niks oor in hulle eie lande nie, nou word SA gesien as die land van melk en heuning. OUR brothers is mos almal welkom hier.

piet ·

Ek het ‘n treinstorie vir julle. Besluit so twee weke terug om die Metrorail te vat vir so 10 km Bellville toe. Eintlik meer uit nuuskierigheid om te sien hoe lyk dit want het omtrent 30 jaar laas trein gery. Koop toe nogal ‘n MetroPlus-kaartjie wat veronderstel is om eersteklas te wees. Oukei – trein was so 10 minute laat, helfte van die sitplekke is oopgeny en die kussings verwyder (die ander sitplekke is ook in ‘n gehawende toestand) hele wa is uiters vuil. Die trein se remme self skree soos ‘n maer vark, seker jare laas gediens. Maar dis nog niks nie. Kom by Bellville-stasie aan, deur wil nie oopmaak nie, ek en ‘n paar ander probeer dit oopforseer, kan nie. Hardloop na die wa se ander deur, ook toe, geen handvatsels nie maar ons kry dit darem oopgeforseer. Ek vra ‘n ander passasier wat gereeld ry of dit die standaard is deesdae. Hy se ja maar hy worry nie want hy betaal nie, geen kondukteurs op die trein nie. Net enkele stasies het “check points”.

piet ·

Om by te voeg – my naaste stasie funksioneer nie meer nie want dis fisies weggedra. Geboue en platforms is gestroop gedurende Covid. Dis nie eintlik meer ‘n stasie nie, trein stop nie meer daar nie, ry net deur. Die verval is absoluut skokkend, moet dit sien en beleef om dit te glo.

Niklaas ·

As daar enige manier is om die verkoop van spoorstawe te halt, byv aan skroot handelaars, sal diewe nie meer hierdie moeite doen nie. Maar hoe kan die verkoop daarvan beheer word? Dis amper onmoontlik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.